Daarna het sy weer bevrug geword en 'n seun gebaar en hom Onan genoem.
Toe sê Juda vir Onan: Gaan in by die vrou van jou broer en sluit die swaershuwelik met haar en verwek vir jou broer 'n nageslag.
Maar Onan het geweet dat die nageslag nie syne sou wees nie; daarom het hy, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan, dit op die grond verderwe om vir sy broer geen nageslag te gee nie.
En die seuns van Juda: Er en Onan en Sela en Peres en Serag. Maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän; en die seuns van Peres was Hesron en Hamul.
Die seuns van Juda was: Er en Onan; maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän.
Die seuns van Juda was: Er en Onan en Sela, drie vir hom gebore uit die dogter van Sua, die Kanaänitiese vrou; en Er, die eersgeborene van Juda, het die HERE mishaag, daarom het Hy hom laat sterwe.