Skip to Content

"ofir"

12 keer in AFR53

En Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense as goud van Ofir.

en Ofir en Háwila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.

en hulle het in Ofir aangekom en daarvandaan goud gaan haal, vier honderd en twintig talente, en dit na koning Salomo gebring.

Maar ook die skepe van Hiram wat goud uit Ofir gaan haal het, het uit Ofir 'n groot menigte sandelhout en edelgesteentes gebring.

Jósafat het Tarsis-skepe gebou om in Ofir goud te gaan haal; maar hulle het nie gegaan nie, want die skepe het in Éseon-Geber skipbreuk gely.

en Ofir en Hawíla en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.

drie duisend talente goud, uit goud van Ofir, en sewe duisend talente gelouterde silwer om daarmee die mure van die geboue oor te trek;

En Huram het aan hom deur sy dienaars skepe gestuur en dienaars wat die see ken; en hulle het saam met Salomo se dienaars in Ofir aangekom, en daarvandaan vier honderd en vyftig talente goud gaan haal en na koning Salomo gebring.

Maar ook die dienaars van Huram en die dienaars van Salomo wat goud uit Ofir gebring het, het sandelhout en edelgesteentes aangevoer.

En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir.

Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook nie die kosbare onikssteen en saffier nie.

Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.