Skip to Content

"amásai"

6 keer in AFR53

En die seuns van Élkana was: Amásai en Ahimot en Élkana;

die seun van Suf, die seun van Élkana, die seun van Mahat, die seun van Amásai,

Toe het die Gees Amásai, die hoof van die dertig, vervul, en hy het gesê: Vír u, Dawid, en mét u, seun van Isai, is ons. Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u God help u! Daarop het Dawid hulle opgeneem en hulle aangestel as hoofde van die bende.

En die priesters Sebánja en Jósafat en Netáneël en Amásai en Sagaría en Benája en Eliëser het op die trompette geblaas voor die ark van God uit; en Obed-Edom en Jehía was poortwagters van die ark.

Die Leviete het hulle toe klaargemaak: Mahat, die seun van Amásai, en Joël, die seun van Asárja, uit die kinders van die Kehatiete; en uit die kinders van Merári: Kis, die seun van Abdi, en Asárja, die seun van Jehállelel; en uit die Gersoniete: Joag, die seun van Simma, en Eden, die seun van Joag;

en sy broers, familiehoofde, was twee honderd twee en veertig; en Amásai, die seun van Asáreël, die seun van Agsai, die seun van Mesíllemot, die seun van Immer,