Die kok dra toe die boud op met wat daaraan was, en sit dit voor Saul neer. En Samuel sê: Kyk, wat oorgebly het, is voor jou gesit; eet, want teen die bestemde tyd is dit vir jou bewaar toe ek gesê het: Ek nooi die volk. So het Saul dan dié dag saam met Samuel geëet.
Nooi Isai dan na die offermaaltyd, en Ek sal jou bekend maak wat jy moet doen, en jy moet die een vir My salf wat Ek jou sal noem.
Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.
En sy seuns was gewoond om 'n maaltyd aan te rig in die huis van elkeen op sy dag. Dan stuur hulle en nooi hul drie susters om saam met hulle te eet en te drink.
Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes:
om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:
En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy 'n môre-- of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie.
Maar wanneer jy 'n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes,
En as een van die ongelowiges julle nooi en julle is gewillig om te gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.