"netánja"
20 keer in AFR53
Toe stuur al die vorste Jehúdi, die seun van Netánja, die seun van Selémja, die seun van Kusi, na Barug, met die boodskap: Die rol waaruit jy voor die ore van die volk gelees het, neem dit in jou hand en kom. Daarop neem Barug, die seun van Nería, die rol in sy hand, en hy het by hulle gekom.
het hulle na Gedálja gekom in Mispa, naamlik Ismael, die seun van Netánja, en Jóhanan en Jónatan, die seuns van Karéag, en Serája, die seun van Tánhumet, en die seuns van Efai, die Netofatiet, en Jesánja, die seun van die Maägatiet, hulle en hulle manskappe.
en vir hom gesê: Weet u wel dat Báälis, die koning van die kinders van Ammon, Ismael, die seun van Netánja, gestuur het om u dood te slaan? Maar Gedálja, die seun van Ahíkam, het hulle nie geglo nie.
Toe het Jóhanan, die seun van Karéag, in die geheim met Gedálja in Mispa gespreek en gesê: Laat my tog gaan en Ismael, die seun van Netánja, verslaan sonder dat iemand dit weet. Waarom sou hy u doodslaan en die hele Juda wat by u versamel is, verstrooi word en die oorblyfsel van Juda tot niet gaan?
Maar in die sewende maand het Ismael, die seun van Netánja, die seun van Elisáma, uit die koninklike geslag en uit die owerstes van die koning, en tien man saam met hom by Gedálja, die seun van Ahíkam, gekom in Mispa; en hulle het daar saam brood geëet, in Mispa.
Toe het Ismael, die seun van Netánja, opgestaan en die tien manne wat by hom was, en hulle het Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, met die swaard verslaan. So het hy hom dan gedood wat die koning van Babel oor die land aangestel het.
Daarop gaan Ismael, die seun van Netánja, hulle tegemoet uit Mispa, terwyl hy aldeur loop en huil; en toe hy hulle teëkom, sê hy vir hulle: Kom na Gedálja, die seun van Ahíkam!
Maar toe hulle binne-in die stad kom, het Ismael, die seun van Netánja, hulle gedood en in die put gegooi, hy en die manne wat by hom was.
En die put waar Ismael al die lyke van die manne wat deur hom verslaan is, langs Gedálja ingegooi het, was dié wat koning Asa gemaak het tot verdediging teen Baésa, die koning van Israel--dié het Ismael, die seun van Netánja, vol gemaak met die wat verslaan was.
En Ismael het die hele oorblyfsel van die volk wat in Mispa was, as gevangenes weggevoer; die dogters van die koning en die hele volk wat in Mispa oorgebly het, wat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, aan Gedálja, die seun van Ahíkam, toevertrou het--Ismael, die seun van Netánja, het hulle as gevangenes weggevoer en hy het weggetrek om oor te gaan na die kinders van Ammon.
Toe Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs wat by hom was, hoor al die onheil wat Ismael, die seun van Netánja, aangerig het,
het hulle al die manne geneem en weggetrek om teen Ismael, die seun van Netánja, te veg; en hulle het hom aangetref by die groot water wat by Gíbeon is.
Maar Ismael, die seun van Netánja, het van Jóhanan ontsnap saam met agt man en weggetrek na die kinders van Ammon.
Toe het Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs wat by hom was, die hele oorblyfsel van die volk geneem wat Ismael, die seun van Netánja, uit Mispa as gevangenes weggevoer het, nadat hy Gedálja, die seun van Ahíkam, verslaan het--naamlik manne, krygsmanne, en vroue en kinders en hofdienaars, wat hy van Gíbeon teruggebring het.
vanweë die Chaldeërs; want hulle was vir hulle bevrees, omdat Ismael, die seun van Netánja, Gedálja, die seun van Ahíkam, verslaan het, wat deur die koning van Babel oor die land aangestel was.
En toe al die owerstes van die leërs, hulle en die manne, hoor dat die koning van Babel Gedálja aangestel het, kom hulle na Gedálja, na Mispa, naamlik: Ismael, die seun van Netánja, en Jóhanan, die seun van Karéag, en Serája, die seun van Tánhumet, die Netofatiet, en Jaäsánja, die seun van die Maägatiet, hulle met hul manne.
Maar in die sewende maand het Ismael, die seun van Netánja, die seun van Elisáma, uit die koninklike geslag, gekom en tien manne saam met hom en Gedálja doodgeslaan, ook die Jode en die Chaldeërs wat saam met hom in Mispa was.