"nebo"
14 keer in AFR53
Hulle gaan op na die tempel, en Dibon na die hoogtes om te ween; Moab huil op Nebo en in Medéba; op al hulle hoofde is 'n kaalte, elke baard is afgeskeer.
Bel het inmekaargesak, Nebo staan krom; hulle afgode is vir die diere en die vee; beelde wat julle rondgedra het, is opgelaai, 'n vrag vir die vermoeide diere.
en Bela, die seun van Asas, die seun van Sema, die seun van Joël; hy wat in Aroër en tot by Nebo en Baäl-Méon gewoon het.
en Nebo en Baäl-Meon--met verandering van die name--en Sibma; en hulle het die stede wat hulle gebou het, name gegee.
toe het al die vorste van die koning van Babel gekom en gaan sit in die Middelste Poort, naamlik Nergal-Saréser, Samgar-Nebo, Sársegim, die rábsaris, Nergal-Saréser, die rabmag, en al die ander vorste van die koning van Babel.
Oor Moab. So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Wee oor Nebo, want dit is verwoes; Kirjatáim staan beskaamd, dit is ingeneem; die rotsvesting is beskaamd en verskrik.
Klim op hierdie gebergte Abárim, die berg Nebo, wat in die land Moab is, wat teenoor Jérigo lê, en aanskou die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel as besitting sal gee;