Skip to Content

"nagelaat"

8 keer in AFR53

En ook al die Jode wat in Moab en onder die kinders van Ammon en in Edom en wat in al die lande was, het gehoor dat die koning van Babel vir Juda 'n oorblyfsel nagelaat het; en dat hy Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, oor hulle aangestel het;

Soos die HERE Moses, sy kneg, beveel het, so het Moses aan Josua bevel gegee, en so het Josua gehandel; hy het niks nagelaat van alles wat die HERE Moses beveel het nie.

Dan sal hulle eet, maar nie versadig word nie; hulle sal hoereer, maar nie uitbreek in menigte nie; want hulle het nagelaat om die HERE te vereer.

En die tweede het haar geneem en gesterwe, en hy het ook geen kinders nagelaat nie; en die derde net so.

En al sewe het haar geneem en geen kinders nagelaat nie. Laaste van almal het die vrou ook gesterwe.

En die derde het haar geneem; en net so al sewe. En hulle het geen kinders nagelaat nie en het gesterwe.

Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.

Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;