Skip to Content

"mígael"

15 keer in AFR53

En hulle broers volgens hulle families was: Mígael en Mesúllam en Seba en Jórai en Jáekan en Sia en Eber, sewe.

Dit was die seuns van Abígail, die seun van Huri, die seun van Jaróag, die seun van Gílead, die seun van Mígael, die seun van Jesísai, die seun van Jagdo, die seun van Bus.

Van die stam van Aser: Setur, die seun van Mígael.

maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië.

Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek van die waarheid; en daar is nie een wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle vors Mígael.

En in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat 'n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.

die seun van Mígael, die seun van Baäséja, die seun van Malkía,

En die seuns van Ussi was Jisrágja; en die seuns van Jisrágja was: Mígael en Obádja en Joël, Jissía, vyf, almal hoofde.

en Mígael en Jispa en Joha, die seuns van Bería;

Terwyl hy na Siklag trek, het daar uit Manasse na hom oorgeloop: Adnag en Jósabad en Jedíael en Mígael en Jósabad en Elíhu en Sílletai, hoofde van die geslagte van Manasse.

oor Juda was Elíhu, uit die broers van Dawid; oor Issaskar was Omri, die seun van Mígael;

En hy het broers gehad, seuns van Jósafat: Asárja en Jéhiël en Sagaría en Asarjáhu en Mígael en Sefátja; hulle was almal seuns van Jósafat, die koning van Israel.

en van die kinders van Sefátja: Sebádja, die seun van Mígael, en saam met hom tagtig manspersone;

Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!

En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;