Skip to Content

"luister"

349 keer in AFR53

En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.

Al julle bewoners van die wêreld en bewoners van die aarde, as 'n banier opgehef word op die berge, kyk! En as die basuin geblaas word, luister!

en sien hy 'n stoet ruiters, twee aan twee, 'n stoet esels, 'n stoet kamele, dan moet hy skerp luister, so skerp as hy kan.

Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie.

Luister, en hoor na my stem; let op, en hoor my woord!

Dan sal nie meer verblind wees die oë van die wat sien nie; en die ore van hulle wat hoor, sal luister;

Staan op, geruste vroue, hoor my stem! Sorgelose dogters, luister na my woord!

Kom nader, o volke, om te hoor; en nasies, luister! Laat die aarde hoor, en die volheid daarvan, die wêreld en alles wat daaruit voortkom.

Luister nie na Hiskía nie; want so sê die koning van Assirië: Sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy put,

o HERE, neig u oor en luister! HERE, open u oë en kyk en hoor al die woorde van Sánherib, wat hy gestuur het om die lewende God te smaad!

En Lameg het aan sy vroue gesê: Ada en Silla, hoor na my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord! Voorwaar, ek slaan 'n man dood wat my wond en 'n seun wat my kwes.

My seun, luister dan nou na my, na wat ek jou beveel.

Maar God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou 'n nageslag genoem word.

Luister na ons, my heer! U is 'n vors van God onder ons. Begraaf u dode in die beste graf wat ons het; niemand van ons sal u sy graf weier om u dode te begrawe nie.

en hy het met hulle gespreek en gesê: As julle dit goedvind dat ek my dode van my af weg begrawe, luister dan na my en doen vir my 'n goeie woord by Efron, die seun van Sohar,

Nee, my heer, luister na my. Die stuk grond gee ek aan u; ook die spelonk wat daarin is, dit gee ek aan u; voor die oë van die seuns van my volk gee ek dit aan u; begraaf u dode.

en met Efron gespreek voor die ore van die volk van die land: Ja, as dit u is, ag, luister na my! Ek gee die geld vir die stuk grond; neem dit van my aan, dat ek my dode daar kan begrawe.

My heer, luister na my. 'n Stuk land van vier honderd sikkels silwer--wat is dit tussen my en u? Begraaf maar u dode.

Toe luister Abraham na Efron, en Abraham het aan Efron die geld afgeweeg waarvan hy gespreek het voor die ore van die seuns van Het--vier honderd sikkels silwer gangbaar by die koopman.

Maar sy moeder antwoord hom: Laat jou vloek op my wees, my seun! Luister net na my en gaan haal dit vir my.

My seun, luister dan nou na my: maak jou klaar, vlug tog na Haran, na my broer Laban,

Maar as julle nie na ons luister om besny te word nie, dan neem ons ons dogter en ons trek weg.

Luister in stilte na My, o eilande, en laat die volke nuwe krag kry; laat hulle aankom, laat hulle dan spreek; laat ons saam na die gereg gaan.

Wie onder julle luister na hierdie dinge? Wie merk op, hoor dit ook vir die toekoms?

Maar luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het!

Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af;

Luister na My, julle wat hard is van hart, julle wat ver is van die geregtigheid!

Luister na My, o Jakob, en Israel, wat Ek geroep het, dit is Ek; Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste.

Kom bymekaar, julle almal, en luister! Wie onder hulle het dit verkondig? Hy vir wie die HERE liefhet, sal sy welbehae voltrek aan Babel, en sy mag aan die Chaldeërs.

Hoor na My, eilande, en luister, volke wat ver is! Die HERE het My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem.

Wie is daar onder julle wat die HERE vrees, wat na die stem van sy Kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? --laat hy vertrou op die Naam van die HERE en steun op sy God!

Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.

Luister na My, my volk, en neig die oor tot My, my nasie! Want 'n wet sal van My uitgaan, en Ek sal my reg vasstel as 'n lig van die volke.

Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is! Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie;

Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.

Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.

En nadat sy met Josef dag ná dag gespreek het, en hy na haar nie wou luister om by haar te lê om met haar gemeenskap te hou nie,

Versamel en hoor, seuns van Jakob, en luister na Israel, julle vader!

En hulle sal na jou luister. Dan moet jy met die oudstes van Israel na die koning van Egipte gaan, en julle moet vir hom sê: Die HERE, die God van die Hebreërs, het ons ontmoet; laat ons dan nou tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE, onse God, offer.

Toe antwoord Moses en sê: Maar as hulle my nie glo en na my stem nie luister nie, maar sê: Die HERE het nie aan jou verskyn nie?

En as hulle ook hierdie twee tekens nie glo en na jou stem nie luister nie, neem dan van die Nyl se water en giet dit op die droë grond uit; dan sal die water wat jy uit die Nyl neem, op die droë grond bloed word.

Maar Farao antwoord: Wie is die HERE na wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek? Ek ken die HERE nie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie.

Maar Moses het voor die aangesig van die HERE gespreek en gesê: As die kinders van Israel na my nie geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luister terwyl ek onbesnede van lippe is?

Toe sê Moses voor die aangesig van die HERE: Ek is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister?

Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal my hand op Egipte lê en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot strafgerigte uit Egipteland uitlei.

En die HERE het vir Moses gesê: Farao sal na julle nie luister nie, sodat my wonders in Egipteland baie kan word.

en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.

Maar Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde.

Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasaréner, 'n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet--

Wie sal ek toespreek en waarsku, dat hulle kan hoor? Kyk, hulle oor is onbesnede, sodat hulle nie kan luister nie. Kyk, die woord van die HERE is vir hulle 'n smaad, hulle het daar geen behae in nie.

Ek het ook wagte oor julle gestel en gesê: Luister na die geluid van die basuin. Maar hulle het geantwoord: Ons wil nie luister nie.

Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en God sal met jou wees. Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die volk by God en bring jy die sake voor God,

As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.

En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons.

Neem jou in ag vir Hom en luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want my Naam is in Hom.

Maar as jy terdeë na sy stem luister en alles doen wat Ek sal sê, sal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees.

En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister.

En jy, bid nie vir hierdie volk nie en hef vir hulle geen smeking of gebed op nie en dring by My nie aan nie, want Ek sal na jou nie luister nie.

Maar hierdie saak het Ek hulle beveel, naamlik: Luister na my stem, dan sal Ek vir julle 'n God wees, en julle sal vir My 'n volk wees; en wandel net in die weg wat Ek julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan.

Ook moet jy al hierdie woorde aan hulle meedeel, maar hulle sal na jou nie luister nie; en jy moet na hulle roep, maar hulle sal jou nie antwoord nie.

en sê vir hulle: So spreek die HERE, die God van Israel: Vervloek is die man wat nie luister na die woorde van hierdie verbond

wat Ek julle vaders beveel het op die dag toe Ek hulle uit Egipteland, uit die yster-smeltoond, uitgelei het met die woorde: Luister na my stem en doen die woorde net soos Ek julle beveel; dan sal julle vir My 'n volk wees, en Ek sal vir julle 'n God wees--

Want Ek het julle vaders nadruklik gewaarsku op die dag toe Ek hulle uit Egipteland laat optrek het tot vandag toe, vroeg en laat, en gesê: Luister na my stem!

hulle het teruggekeer na die ongeregtighede van hulle voorvaders wat geweier het om na my woorde te luister, en agter ander gode aan geloop om dié te dien. Die huis van Israel en die huis van Juda het my verbond verbreek wat Ek met hulle vaders gesluit het.

Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek bring 'n onheil oor hulle, waaruit hulle nie sal kan uitkom nie; dan sal hulle na My roep, maar Ek sal na hulle nie luister nie.

Maar as hulle nie luister nie, dan sal Ek dié nasie heeltemal uitruk en tot niet maak, spreek die HERE.

Hierdie goddelose volk wat weier om na my woorde te luister, wat wandel in die verharding van hulle hart en agter ander gode aan loop om hulle te dien en hul daarvoor neer te buig--hulle moet word soos hierdie gord wat waardeloos is.

Luister en merk op; verhef julle nie, want die HERE het gespreek!

Maar as julle daar nie na luister nie, sal my siel in skuilplekke ween vanweë die hoogmoed; en my oog sal bitterlik huil en afloop in trane, omdat die kudde van die HERE as gevangenes weggevoer is.

As hulle vas, luister Ek nie na hulle gesmeek nie; en as hulle brandoffer en spysoffer bring, het Ek in hulle geen behae nie; maar deur die swaard en die hongersnood en die pes maak Ek hulle tot niet.

en julle nog erger gehandel het as julle vaders; want kyk, julle wandel elkeen na die verhardheid van sy bose hart, om na My nie te luister nie.

Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar hul nek verhard om nie te luister nie en geen tugtiging aan te neem nie.

As julle dan aandagtig na My luister, spreek die HERE, om geen las deur die poorte van hierdie stad op die sabbatdag in te bring nie en om die sabbatdag te heilig deur daarop géén werk te doen nie,

Maar as julle na My nie luister om die sabbatdag te heilig nie en om geen las te dra of deur die poorte van Jerusalem op die sabbatdag in te gaan nie, sal Ek 'n vuur in sy poorte aansteek, wat die paleise van Jerusalem sal verteer en nie uitgeblus sal word nie.

maar as hulle doen wat verkeerd is in my oë deur na my stem nie te luister nie, dan sal Ek berou hê oor die goeie waarmee Ek gesê het dat Ek aan hulle goed sal doen.

Toe het hulle gesê: Kom, laat ons planne teen Jeremia beraam; want onderrigting sal nie ontbreek by die priester of raad by die wyse of 'n woord by die profeet nie. Kom, laat ons hom slaan met die tong, en laat ons nie luister na een van sy woorde nie.

HERE, luister tog na my, en hoor na die stem van die wat met my twis.

So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring oor hierdie stad en al sy stede al die onheil wat Ek daaroor gespreek het, omdat hulle hul nek verhard het om na my woorde nie te luister nie.

Maar as julle na hierdie woorde nie luister nie, dan sweer Ek by Myself, spreek die HERE, dat hierdie huis 'n puinhoop sal word.

Ek het met jou gespreek in jou sorgelose rus, maar jy het gesê: Ek wil nie luister nie. Dit was jou weg van jou jeug af, dat jy na my stem nie geluister het nie.

So sê die HERE van die leërskare: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van die HERE nie.

Miskien sal hulle luister en hulle bekeer elkeen van sy verkeerde weg; dan sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen weens die boosheid van hulle handelinge.

Sê dan vir hulle: So spreek die HERE: As julle na My nie luister nie, om in my wet te wandel wat Ek julle voorgehou het,

om te luister na die woorde van my knegte, die profete, wat Ek na julle stuur, vroeg én laat, sonder dat julle geluister het,

Maak dan nou julle weë en julle handelinge goed, en luister na die stem van die HERE julle God; dan sal dit die HERE berou oor die onheil wat Hy teen julle gespreek het.

Júlle moet dan nie luister na julle profete en na julle waarsêers en na julle dromers en na julle goëlaars en na julle towenaars nie, wat met julle spreek en sê: Julle sal die koning van Babel nie dien nie.

Luister dan nie na die woorde van die profete nie, wat met julle spreek en sê: Julle sal die koning van Babel nie dien nie; want hulle profeteer leuens vir julle.

Ook het ek met die priesters en hierdie hele volk gespreek en gesê: So spreek die HERE: Luister nie na die woorde van julle profete nie, wat vir julle profeteer en sê: Kyk, die voorwerpe van die huis van die HERE sal nou gou uit Babel teruggebring word; want hulle profeteer leuens vir julle.

Luister nie na hulle nie, dien die koning van Babel, en lewe. Waarom moet hierdie stad 'n puinhoop word?

Maar luister tog na hierdie woord wat ek spreek voor jou ore en voor die ore van die hele volk:

En die profeet Jeremia het aan die profeet Hanánja gesê: Luister tog, Hanánja! Die HERE het jou nie gestuur nie, maar jy het hierdie volk op leuens laat vertrou.

Want so spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Laat julle profete en julle waarsêers wat onder julle is, julle nie bedrieg nie, en luister nie na julle dromers vir wie julle laat droom nie.

Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.

Luister dan na die woord van die HERE, al julle ballinge wat Ek uit Jerusalem na Babel weggestuur het!

Maar luister na die woord van die HERE, o Sedekía, koning van Juda! So sê die HERE aangaande jou: Jy sal deur die swaard nie sterwe nie.

So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Gaan sê aan die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem: Wil julle hieruit geen lering trek om na my woorde te luister nie? spreek die HERE.

Ja, die kinders van Jónadab, die seun van Regab, het die gebod van hulle vader gehou wat hy hulle beveel het; maar hierdie volk luister nie na My nie.

Miskien sal die huis van Juda luister na al die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen, sodat hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg en Ek hulle ongeregtigheid en hulle sonde vergewe.

Luister dan nou tog, my heer die koning! Laat tog my smeking voor u kom en laat my nie terugbring in die huis van die skrywer Jónatan, dat ek daar nie sterwe nie.

Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie;

En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig.

En as julle jul teen My versit en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes.

As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My versit,

As jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.

En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God.

En die HERE sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen,

Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.

Toe staan Paulus op, wink met die hand en sê: Israeliete en julle wat God vrees, luister!

Verder het Moses vir Korag gesê: Luister tog, kinders van Levi!

Toe hef hy sy spreuk aan en sê: Staan op Balak, en hoor! Luister na my, seun van Sippor!

en lê op hom van jou hoogheid, sodat die hele vergadering van die kinders van Israel na hom kan luister.

Maar Jeremia het Sedekía geantwoord: As ek u dit te kenne gee, sal u my nie sekerlik doodmaak nie? En as ek u raad gee, sal u na my nie luister nie.

Maar Jeremia antwoord: Hulle sal u nie oorgee nie. Luister tog na die stem van die HERE in wat ek aan u sê; dan sal dit goed met u gaan en u siel sal lewe.

Laat dit goed of sleg wees--ons sal luister na die stem van die HERE onse God na wie ons u stuur, dat dit met ons goed kan gaan as ons luister na die stem van die HERE onse God.

Maar as julle sê: Ons wil in hierdie land nie bly nie, sodat julle nie luister na die stem van die HERE julle God nie,

Aangaande die woord wat u ons in die Naam van die HERE verkondig het--ons sal na u nie luister nie.

Maar of hulle nou al luister of nie--want hulle is 'n wederstrewige huis--hulle sal moet erken dat daar 'n profeet in hulle midde gewees het.

Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig.

Maar jy, mensekind, luister na wat Ek jou sê; wees nie wederstrewig soos die wederstrewige huis nie; maak jou mond wyd oop, en eet wat Ek jou gee.

Maar die huis van Israel sal na jou nie wil luister nie, omdat hulle na My nie wil luister nie; want die hele huis van Israel het 'n harde voorhoof en 'n ongevoelige hart.

en kom, gaan na die ballinge, na die kinders van jou volk, en spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here HERE--of hulle al luister of nie.

Daarom sal Ék ook in grimmigheid handel; my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; en al roep hulle hardop voor my ore, nogtans sal Ek na hulle nie luister nie.

Luister dan nou, Israel, na die insettinge en die verordeninge wat ek julle leer om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en die land wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle sal gee, in besit mag neem.

As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister.

En omdat julle na hierdie verordeninge sal luister en dit hou en volbring, sal die HERE jou God vir jou die verbond en die goedertierenheid hou wat Hy jou vaders besweer het;

As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die HERE julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel,

die seën as julle luister na die gebooie van die HERE julle God wat ek julle vandag beveel;

en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die HERE julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.

Luister sorgvuldig na al hierdie woorde wat ek jou beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan tot in ewigheid, as jy doen wat goed en reg is in die oë van die HERE jou God.

dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.

Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.

dan moet jy nie inwillig en na hom nie luister nie; ook mag jou oog hom nie verskoon nie, en jy mag jou nie ontferm en niks om sy ontwil wegsteek nie,

as jy luister na die stem van die HERE jou God om al sy gebooie te hou wat ek jou vandag beveel, deur te doen wat reg is in die oë van die HERE jou God.

as jy net goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al hierdie gebooie wat ek jou vandag beveel.

En die man wat vermetel handel, dat hy nie luister na die priester wat staan om daar die HERE jou God te dien, of na die regter nie--dié man moet sterwe. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei.

Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat nie.

'n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister--

En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.

As iemand 'n koppige en wederstrewige seun het, wat nie luister na die stem van sy vader en na die stem van sy moeder nie, en hulle hom tugtig, maar hy na hulle nie luister nie,

en hulle moet aan die oudstes van sy stad sê: Hierdie seun van ons is koppig en wederstrewig, hy luister nie na ons stem nie, hy is 'n deurbringer en dronkaard.

Maar die HERE jou God wou nie na Bíleam luister nie; maar die HERE jou God het vir jou die vloek in 'n seën verander, omdat die HERE jou God jou liefgehad het.

Vandag het jy die HERE laat verklaar dat Hy vir jou 'n God sal wees, en dat jy in sy weë moet wandel en sy insettinge en sy gebooie en sy verordeninge moet hou en na sy stem moet luister.

Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele Israel toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel! Vandag het jy die volk van die HERE geword.

Daarom moet jy na die stem van die HERE jou God luister en sy gebooie en sy insettinge volbring wat ek jou vandag beveel.

en jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel,

Maar jy sal weer na die stem van die HERE luister en al sy gebooie doen wat ek jou vandag beveel.

as jy na die stem van die HERE jou God luister om sy gebooie en sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot die HERE jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel.

Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien,

deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het om dit aan hulle te gee.

Luister, o hemele, dat ek kan spreek, en laat die aarde hoor die woorde van my mond.

Net soos ons na Moses geluister het, so sal ons na u luister; mag die HERE u God net met u wees soos Hy met Moses gewees het.

Elke man wat teen u bevel wederstrewig is en na u woorde nie luister met betrekking tot alles wat u ons sal beveel nie, moet gedood word; wees net sterk en vol moed.

Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Kom nader hierheen en luister na die woorde van die HERE julle God.

En julle ontheilig My by my volk vir 'n paar hande vol gars en vir 'n paar stukke brood om siele dood te maak wat nie moes gesterf het nie, en om siele in die lewe te hou wat nie moes geleef het nie, deurdat julle my volk belieg wat na leuens luister.

maar Ek wou nie na Bíleam luister nie, sodat hy julle net geseën het; en Ek het julle uit sy hand gered.

Daarop sê die volk aan Josua: Ons sal die HERE onse God dien en na sy stem luister.

Daarom het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het gesê: Omdat hierdie nasie my verbond wat Ek hulle vaders beveel het, oortree en na my stem nie luister nie,

Hulle was dan daar om deur hulle Israel op die proef te stel; om te weet of hulle na die gebooie van die HERE wat Hy hulle vaders deur Moses beveel het, sou luister.

Hoor, o konings! Luister, o vorste! Ek, tot eer van die HERE wil ek sing, tot eer van die HERE, die God van Israel, wil ek psalmsing.

Waarom het jy tussen die veekrale bly sit en luister na die fluitspel by die troppe vee? In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.

en luister wat hulle praat; en daarna sal jou hande sterk word, en jy sal in die laer aftrek. Hy gaan toe af saam met sy dienaar Pura tot by die buitenste lyn van die gewapendes wat in die laer was.

Toe hulle dit aan Jotam meedeel, het hy op die top van die berg Gerísim gaan staan en sy stem verhef en uitgeroep en aan hulle gesê: Luister na my, burgers van Sigem, sodat God na julle kan luister.

Maar hulle was wederstrewig teen My en wou na My nie luister nie; niemand het die verfoeisels van sy oë weggegooi of die drekgode van Egipte laat staan nie. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet, om my toorn teen hulle te laat uitwoed in Egipteland.

Maar julle, o huis van Israel, so sê die Here HERE: Gaan weg en dien elkeen sy drekgode; maar hierná--sekerlik sal julle na My luister en my heilige Naam nie meer ontheilig met julle offergawes en julle drekgode nie.

En Saul het gesê: Luister tog, seun van Ahítub! Toe antwoord hy: Hier is ek, my heer!

Toe die manne nie na hom wou luister nie, gryp die man sy byvrou en bring haar uit na hulle daarbuite; en hulle het haar beken en die hele nag deur haar mishandel, tot die môre toe, en haar laat loop toe die rooidag uitkom.

Lewer dan nou die slegte manne uit wat in Gíbea is, dat ons hulle om die lewe kan bring en die kwaad uit Israel kan uitroei. Die Benjaminiete wou egter nie na hulle broers, die kinders van Israel, luister nie;

Toe sê Boas vir Rut: Luister tog, my dogter: jy moenie op 'n ander land gaan are optel nie, en jy mag ook nie hiervandaan weggaan nie; maar jy moet jou by my diensmeisies aansluit.

Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.

Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net ernstig waarsku en hulle die reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer.

Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet 'n koning oor ons wees,

Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na hulle en stel 'n koning oor hulle aan. En Samuel het vir die manne van Israel gesê: Gaan heen, elkeen na sy stad.

As julle maar die HERE vrees en Hom dien en na sy stem luister en nie wederstrewig is teen die mond van die HERE nie en julle self sowel as die koning wat oor julle regeer, die HERE julle God maar volg!

Maar as julle nie na die stem van die HERE luister nie en wederstrewig is teen die mond van die HERE, dan sal die hand van die HERE teen julle wees soos teen julle vaders.

Toe sê Samuel vir Saul: Die HERE het my gestuur om jou as koning te salf oor sy volk, oor Israel; luister dan nou na die stem van die woorde van die HERE.

Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.

het Saul aan sy dienaars wat by hom staan, gesê: Luister tog, Benjaminiete! Sal die seun van Isai ook vir julle almal lande en wingerde gee, julle almal aanstel as owerstes oor duisend en owerstes oor honderd,

En Dawid sê vir Saul: Waarom luister u na die woorde van mense wat sê: Kyk, Dawid soek u onheil?

En sy het voor sy voete neergeval en gesê: Op my, my heer, rus die skuld, maar laat u dienares tog voor u ore mag spreek, en luister na die woorde van u dienares.

Laat my heer die koning dan nou luister na die woorde van sy dienaar: As die HERE u teen my aanhits, bied Hom dan 'n spysoffer aan; maar as dit mensekinders is--vervloek is hulle voor die aangesig van die HERE, omdat hulle my vandag verdrywe, sodat ek my nie kan aansluit by die erfdeel van die HERE nie deurdat hulle sê: Gaan weg, dien ander gode!

En nou moet u self tog luister na u dienares, en laat ek u 'n stukkie brood voorsit, en eet, dat daar krag in u kan wees as u verder gaan.

Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.

En wie sou in hierdie saak na julle luister? Want soos die deel van die wat in die geveg aftrek, so is ook die deel van die wat by die pakgoed bly; gelykop moet hulle deel.

Maar hy wou nie na haar luister nie en het haar oorweldig en haar onteer en met haar gemeenskap gehad.

Maar sy sê vir hom: Aangaande die kwaad om my weg te stuur, dit is groter as die ander wat jy my aangedoen het. Maar hy wou nie na haar luister nie.

Want die koning sal seker luister om sy dienares te red uit die hand van die man wat probeer om my en my seun saam uit die erfdeel van God uit te roei.

roep 'n wyse vrou uit die stad: Luister, luister! Sê tog vir Joab: Kom hierheen, dat ek met u kan spreek.

En van al die volke het hulle gekom om na die wysheid van Salomo te luister, van al die konings van die aarde wat van sy wysheid gehoor het.

Hoor dit, o oudstes, en luister, alle inwoners van die land! Het so iets ooit in julle dae of in die dae van julle vaders plaasgevind?

Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.

Wend U dan tot die gebed van u kneg en tot sy smeking, HERE my God, deur te luister na die geroep en die gebed wat u kneg vandag voor u aangesig bid;

sodat u oë oop mag wees nag en dag oor hierdie huis, oor die plek waarvan U gesê het: My Naam sal daar wees! sodat U mag luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe sal bid.

Luister dan na die smeking van u kneg en van u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe sal bid; ja, mag U hoor elke gebed na u woonplek, na die hemel toe, en as U dit hoor, vergewe dan.

Mag u oë dan oop wees vir die smeking van u kneg en vir die smeking van u volk Israel, om na hulle te luister so dikwels as hulle U aanroep.

En as jy luister na alles wat Ek jou beveel en wandel in my weë en doen wat reg is in my oë deur my insettinge en my gebooie te hou, soos my kneg Dawid gedoen het, dan sal Ek met jou wees en vir jou 'n bestendige huis stig, soos Ek vir Dawid gestig het, en Israel aan jou gee.

Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? en daar is geen erfdeel aan die seun van Isai nie! Na julle tente toe, Israel! Kyk nou na jou eie huis, Dawid! Daarop het Israel na sy tente gegaan.

Maar al die oudstes en die hele volk antwoord hom: Luister nie, en u mag nie inwillig nie.

Daarop sê Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het die HERE nie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam!

o Volke, luister almal saam! o Aarde en sy volheid, let op! Sodat die Here HERE getuie teen julle kan wees, die Here uit sy heilige paleis.

Hoor tog wat die HERE sê: Staan op, twis in teenwoordigheid van die berge, en laat die heuwels na jou stem luister!

En baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?

Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op die HERE vertrou dit nie, tot sy God kom dit nie nader nie.

omdat hulle nie gehoorsaam was aan die stem van die HERE hulle God nie, maar sy verbond oortree het--alles wat Moses, die kneg van die HERE, beveel het--sonder om daarna te luister en te handel.

Luister nie na Hiskía nie; want so sê die koning van Assirië: Sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy put,

totdat ek julle kom haal na 'n land soos julle land, 'n land van koring en mos, 'n land van brood en wingerde, 'n land van olyfbome en heuning; dan sal julle lewe en nie sterwe nie; en luister nie na Hiskía nie, want hy verlei julle deur te sê: Die HERE sal ons red.

o HERE, neig u oor en luister. Open u oë, HERE, en kyk; en hoor die woorde van Sánherib, wat hy gestuur het om die lewende God te smaad!

Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog 'n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek 'n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem.

Luister tog, o Josua, jy wat die hoëpriester is, jy en jou vriende wat voor jou sit--ja, wondertekens is hulle. Want kyk, Ek sal my Kneg, die Spruit, laat kom!

En die wat ver is, sal kom en aan die tempel van die HERE bou. Dan sal julle weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het. En dit sal so wees, as julle nougeset luister na die stem van die HERE julle God.

Maar hulle het geweier om te luister en wederstrewig die skouer afgewend en hulle ore toegestop om nie te hoor nie.

Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.

En koning Dawid het hom opgerig in staande houding en gesê: Luister na my, my broers en my volk! Ek self het my voorgeneem om 'n huis van rus vir die verbondsark van die HERE te bou en vir die voetbank van onse God, en ek het toebereidsels getref vir die bou.

Wend U dan tot die gebed van u kneg en tot sy smeking, HERE my God, deur te luister na die geroep en die gebed wat u kneg voor u aangesig bid;

sodat u oë oop mag wees dag en nag oor hierdie huis, oor die plek waar U van gesê het dat U u Naam daar wil vestig, sodat U mag luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe sal bid.

Luister dan na die smekinge van u kneg en van u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe sal bid; ja, mag U hoor uit u woonplek, uit die hemel; en as U hoor, vergewe dan.

My God, mag u oë tog nou oop wees en u ore luister na die gebed van hierdie plek.

Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek.

Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? En daar is geen erfdeel aan die seun van Isai nie! Elkeen na sy tente toe, Israel! Sorg vir jou eie huis, Dawid! Daarop het die hele Israel na sy tente gegaan.

Toe gaan Abía bo-op die berg Semaráim staan wat in die gebergte van Efraim is, en sê: Luister na my, Jeróbeam en die hele Israel!

en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! Die HERE is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

Daarop sê Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het die HERE nie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam!

en hy het gesê: Luister, almal wat uit Juda is en inwoners van Jerusalem en u, koning Jósafat! So sê die HERE aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.

Daarop maak hulle die môre vroeg klaar en trek na die woestyn van Tekóa uit; en terwyl hulle uittrek, het Jósafat gaan staan en gesê: Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Glo in die HERE julle God, dan sal julle bevestig word; glo aan sy profete, dan sal julle voorspoedig wees.

Luister dan nou na my en laat die gevangenes wat julle van jul broers weggevoer het, teruggaan; want die toorngloed van die HERE is op julle!

en vir hulle gesê: Luister na my, Leviete! Heilig julle nou, en heilig die huis van die HERE, die God van julle vaders, en bring die onreinheid uit die heiligdom uit;

En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.

Luister julle dan na die gelykenis van die saaier.

En Hy het die skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister en verstaan!

Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!

En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin;

maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan.

En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.

Luister na 'n ander gelykenis: Daar was 'n sekere huisheer wat 'n wingerd geplant het; en hy het 'n heining daarom gesit en 'n parskuip daarin gegrawe en 'n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.

laat u oor tog opmerksaam en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u kneg wat ek vandag voor u aangesig bid, dag en nag, vir die kinders van Israel, u knegte, terwyl ek die sondes van die kinders van Israel bely wat ons teen U gedoen het; ook ek en my familie het gesondig.

En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring, manne sowel as vroue en almal wat met verstand kon luister, op die eerste dag van die sewende maand.

ja, hulle het geweier om te luister en nie gedink aan u wonders wat U by hulle gedoen het nie; maar hulle het hul nek verhard en in hul wederstrewigheid 'n hoof aangestel om terug te gaan na hulle slawerny. Maar U is 'n God van vergewing, genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en U het hulle nie verlaat nie.

En toe hulle hom dit elke dag sê, en hy nie na hulle luister nie, het hulle dit aan Haman meegedeel om te sien of die handelwyse van Mórdegai sou standhou, want hy het hulle te kenne gegee dat hy 'n Jood was.

Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.

As ek dagvaar en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie.

Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.

Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.

Ek wil jou inlig, luister na my; en wat ek gesien het, wil ek vertel;

Luister goed na my rede, en laat dit die vertroostinge wees wat julle aanbied.

Daarom sê ek: Luister na my; ek wil ook my kennis meedeel.

Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u die regte woorde uitgevind het.

Maar hoor tog, o Job, na my rede, en luister na al my woorde.

Let op, o Job! Luister na my; swyg, en ék sal spreek.

So nie, luister ú dan na my; swyg, en ek sal u wysheid leer.

Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het!

Daarom, manne van verstand, luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg!

As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde.

Sekerlik, na nietige klagte luister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie.

As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid.

Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.

Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan.

Luister hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God.

Luister! 'n Saaier het uitgegaan om te saai.

En almal wat julle nie ontvang of na julle luister nie, gaan daarvandaan weg en skud die stof onder julle voete af tot 'n getuienis teen hulle. Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir Sodom of Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.

En Hy het die hele skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister almal na My en verstaan.

En daar kom 'n wolk wat hulle oordek; en uit die wolk kom 'n stem wat sê: Dit is my geliefde Seun, luister na Hom!

o God, hoor my smeking, luister na my gebed!

o HERE, luister na my woorde, let op my versugting.

HERE, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister

HERE, hoor 'n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe.

Ek roep U aan, want U verhoor my, o God! Neig u oor tot my, luister na my woord!

Lamed. Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer.

Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is 'n vreemdeling by U, 'n bywoner soos al my vaders.

Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,

o God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!

Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,

wat nie luister na die stem van die besweerders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie.

Kom luister, en laat my vertel, julle almal wat God vrees, wat Hy aan my siel gedoen het.

Want die HERE luister na die behoeftiges en verag sy gevangenes nie.

My stem is tot God en ek roep; my stem is tot God, dat Hy na my kan luister.

'n Onderwysing van Asaf. My volk, luister na my onderrig; neig julle oor tot die woorde van my mond.

Ag, as my volk maar na My wou luister, Israel in my weë wou wandel!

Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister!

HERE, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela.

HERE, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.

Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister!

En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.

Maar die gerug aangaande Hom is nog meer versprei, en groot menigtes het bymekaargekom om te luister en deur Hom van hulle siektes genees te word.

Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat.

Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen Ek sal julle wys soos wie hy is.

En daar kom 'n stem uit die wolk wat sê: Dit is my geliefde Seun; luister na Hom!

Wie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.

Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.

Ek het tot die HERE gesê: U is my God; luister tog, HERE, na die stem van my smekinge!

'n Psalm van Dawid. HERE, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; luister na my stem as ek U aanroep.

Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk.

'n Psalm van Dawid. o HERE, hoor my gebed; luister tog na my smekinge; verhoor my in u trou, in u geregtigheid.

laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,

My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;

maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil.

sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;

Hoor, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken;

My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde,

My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,

Luister dan nou na my, julle seuns, en wyk nie af van die woorde van my mond nie.

Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond.

Luister dan nou na my, seuns; want gelukkig is hulle wat my weë bewaar.

Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie.

Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou.

Die weg van 'n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.

'n Wyse seun luister na die tug van die vader, maar 'n spotter hoor nie na berisping nie.

Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.

Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.

Die kwaaddoener gee ag op 'n bedrieglike lip, 'n leuenaar luister na 'n tong wat onheil stig.

En al die tollenaars en sondaars het die gewoonte gehad om na Hom te kom en na Hom te luister.

Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister.

Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.

En terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog 'n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn.

En terwyl die hele volk luister, sê Hy vir sy dissipels:

En die hele volk het vroeg in die môre na Hom in die tempel gekom om na Hom te luister.

Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees.

Hou op, my seun, om na tug te luister, terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis.

Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis.

Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.

'n Wyse bestraffer by 'n oor wat luister, is 'n goue ring en 'n goue sieraad.

Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is 'n gruwel.

'n Heerser wat luister na 'n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos.

Dit is beter om te luister na die bestraffing van 'n wyse as dat 'n mens luister na die lied van die dwase.

U wat in die tuine woon vriende luister na u stem; laat my dit hoor.

Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE spreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar húlle het teen My oortree.

Hoor die woord van die HERE, owerstes van Sodom! Luister na die wet van onse God, volk van Gomorra!

En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed.

As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.

Toe sê hy: Luister tog, o huis van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei, dat julle my God ook vermoei nie?

Maak geraas, o volke, en--stort inmekaar; en luister, alle ver plekke van die aarde! Gord julle en--stort inmekaar; gord julle en--stort inmekaar.

Skreeu dit uit, dogter van Gallim! Luister, Lais! Arme Anatot!

Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie.

Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.

Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.

En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom?

My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek.

En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.

En hy sê: Broeders en vaders, luister! Die God van die heerlikheid het verskyn aan ons vader Abraham toe hy in Mesopotámië was, voordat hy in Haran gewoon het,

Dit is dié Moses wat aan die kinders van Israel gesê het: Die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broers net soos ek is; na Hom moet julle luister.

Na hom wou ons vaders nie luister nie, maar hulle het hom verstoot en met hulle harte na Egipte teruggekeer

En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê: Broeders, luister na my!

Broeders en vaders, luister nou na my verdediging teenoor julle!

Laat dit dan aan julle bekend wees dat die heil van God aan die heidene gestuur is, en hulle sal luister.

In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê die Here.

Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie?

Luister, my geliefde broeders--het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie?

Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.

Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.