Skip to Content

"loof"

140 keer in AFR53

HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou.

En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Dié keer sal ek die HERE loof. Daarom het sy hom Juda genoem. En sy het opgehou met baar.

Want die doderyk sal U nie loof nie, die dood U nie prys nie; die wat in die kuil neerdaal, sal op u trou nie hoop nie.

Die lewende, die lewende, dié sal U loof, soos ek vandag; die vader maak aan die kinders u trou bekend.

Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.

die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van die wat sê: Loof die HERE van die leërskare, want die HERE is goed, want sy goedertierenheid is in ewigheid! --van die wat 'n lofoffer bring in die huis van die HERE; want Ek sal die lot van die land verander soos tevore, sê die HERE.

en jy sal eet en versadig word en die HERE jou God loof oor die goeie land wat Hy jou gegee het.

U, God van my vaders, loof en prys ek, want U het my wysheid en krag verleen, en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het, want die saak van die koning het U ons bekend gemaak.

Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing;

En hy het uit die Leviete dienaars aangestel voor die ark van die HERE, en dit om die HERE, die God van Israel, te roem en te loof en te prys:

Op dieselfde dag, toe vir die eerste maal, het Dawid aan Asaf en sy broers opgedra om "loof die HERE" te sing.

Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend!

Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid;

en sê: Verlos ons, God van ons heil, en versamel ons en red ons van die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!

en saam met hulle Heman en Jedútun en die ander uitgesoektes wat met hulle name aangewys was om die HERE te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is;

en om môre vir môre te staan om die HERE te loof en te prys, en net so saans;

Van Jedútun, die seuns van Jedútun was Gedálja en Seri en Jesaja, Hasábja, Símeï en Mattítja, ses, onder leiding van hulle vader Jedútun wat op die siter besield gespeel het by die loof en prys van die HERE;

En nou, onse God, ons loof U, en ons prys u heerlike Naam.

Daarna het Dawid aan die hele vergadering gesê: Loof nou die HERE julle God. Toe het die hele vergadering die HERE, die God van hulle vaders, geloof; en hulle het gebuig en voor die HERE en voor die koning neergeval.

en toe die trompetblasers en die sangers almal saam eenstemmig begin om die HERE te prys en te loof, en net toe hulle die stem verhef met die trompette en met die simbale en met die musiekinstrumente, en met: Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! --is die huis, die huis van die HERE, vervul met 'n wolk.

terwyl die priesters op hulle poste gestaan het, ook die Leviete met die musiekinstrumente van die HERE, wat koning Dawid gemaak het, om die HERE te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is, met die loflied van Dawid wat deur hulle voorgedra is. Intussen het die priesters teenoor hulle op die trompette geblaas, en die hele Israel het gestaan.

En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

En Hiskía het die afdelings van die priesters en die Leviete vasgestel volgens hulle afdelings, elkeen volgens sy diens--as priesters of as Leviete vir die brandoffers en dankoffers, om te dien en te loof en te prys in die poorte van die laers van die HERE.

In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.

Toe die bouers dan die fondament van die tempel van die HERE lê, het hulle die priesters in ampsgewaad met trompette, en die Leviete, die seuns van Asaf, met simbale opgestel om die HERE te loof volgens die instelling van Dawid, die koning van Israel.

En hulle het aangehef met lof en dank aan die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid oor Israel is vir ewig! En die hele volk het gejuig met groot gejuig toe hulle die HERE loof, omdat die fondament van die huis van die HERE gelê was.

En die Leviete Jésua en Kádmiël, Bani, Hasábneja, Serébja, Hodía, Sebánja, Petágja het gesê: Staan op, loof die HERE julle God van ewigheid tot in ewigheid! En laat hulle u heerlike Naam loof wat bo alle lof en prys verhewe is!

En Mattánja, die seun van Miga, die seun van Sabdi, die seun van Asaf, leier van die lofsang, wat die "Loof Hom" aanhef by die gebed; en Bakbúkja, die tweede in rang onder sy broers; en Abda, die seun van Sámmua, die seun van Galal, die seun van Jedútun.

En die hoofde van die Leviete was: Hasábja, Serébja en Jésua, Kádmiël, en hulle broers was teenoor hulle om te loof en te dank volgens die bevel van Dawid, die man van God, wag naas wag:

Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.

Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?

Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing.

Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.

Ek sal die HERE loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my.

Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing.

My voet staan op gelyk grond; ek sal die HERE loof in die vergaderings.

Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.

Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;

Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?

sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.

Loof die HERE met die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp.

Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.

Ek sal U loof in 'n groot vergadering; onder 'n groot skare sal ek U prys.

Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof- die verlossing van sy aangesig!

Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof- die verlossing van my aangesig en my God!

dat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o God, my God!

Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof- die verlossing van my aangesig en my God!

In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela.

U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd.

Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want dié is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote.

Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, o HERE, loof, want dié is goed;

Ek wil U loof onder die volke, o Here, psalmsing tot u eer onder die nasies.

Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem-

Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

Loof God, die Here, in die vergaderinge, julle wat is uit die fontein van Israel!

So wil ek U dan ook loof met die instrument van die harp, u trou, my God! Ek wil psalmsing tot u eer op die siter, o Heilige van Israel!

Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders.

Want die grimmigheid van die mens moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself.

En ons, u volk en die skape van u weide, ons sal U vir ewig loof, van geslag tot geslag sal ons u lof vertel.

Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;

Kan U aan die dooies 'n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.

En die hemele loof u wondermag, o HERE, ook u trou in die vergadering van die heiliges.

Dit is goed om die HERE te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste,

Sing tot eer van die HERE, loof sy Naam, verkondig sy heil van dag tot dag.

o Regverdiges, wees bly in die HERE, en loof sy heilige gedenknaam!

Laat hulle u grote en gedugte Naam loof! Heilig is Hy!

Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.

Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die HERE loof;

'n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!

Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!

Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!

Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!

Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel!

Loof die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed-

Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! Halleluja!

Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend.

Halleluja! Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

Verlos ons, HERE onse God, en versamel ons uit die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!

Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;

Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;

Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;

Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders.

Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies;

Ek sal die HERE hardop loof met my mond, en onder baie sal ek Hom prys;

Halleluja! Alef. Ek wil die HERE loof van ganser harte; Bet. in die kring van die opregtes en in die vergadering.

Halleluja! Loof, o knegte van die HERE, loof die Naam van die HERE!

Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal die HERE nie loof nie;

Loof die HERE, alle nasies! Prys Hom, alle volke!

Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; ek wil daardeur ingaan, ek wil die HERE loof.

Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het.

U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog.

Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

Ek sal U loof in opregtheid van hart as ek u regverdige verordeninge leer.

In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae.

Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge.

Ek loof u sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge.

Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help.

waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE- 'n voorskrif vir Israel! - om die Naam van die HERE te loof.

'n Bedevaartslied. Kom, loof die HERE, o alle knegte van die HERE wat snags in die huis van die HERE staan!

Hef julle hande op na die heiligdom, en loof die HERE!

Loof die HERE, want die HERE is goed; psalmsing tot eer van sy Naam, want dié is lieflik!

Huis van Israel, loof die HERE! Huis van Aäron, loof die HERE!

Huis van Levi, loof die HERE! Julle wat die HERE vrees, loof die HERE!

Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid-

Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

'n Psalm van Dawid. Ek sal U loof met my hele hart; in die teenwoordigheid van die gode sal ek psalmsing tot u eer.

Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak.

Al die konings van die aarde sal U loof, o HERE, as hulle gehoor het die woorde van u mond;

Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.

Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon.

Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen.

'n Loflied van Dawid. Alef. o My God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd.

Bet. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd.

Jod. Al u werke loof U, o HERE, en u gunsgenote prys U.

Tau. My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.

Halleluja! Loof die HERE, o my siel!

Loof die HERE, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; 'n loflied is gepas!

o Jerusalem, prys die HERE! o Sion, loof jou God!

Halleluja! Loof die HERE uit die hemele; loof Hom in die hoogtes!

Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare!

Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!

Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!

Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hy het bevel gegee- en hulle is geskape.

Loof die HERE van die aarde af- groot seediere en alle dieptes!

laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!

Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.

Halleluja! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel!

Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid!

Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter;

loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit;

loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale!

Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!

en dat die heidene ter wille van sy barmhartigheid God kan verheerlik, soos geskrywe is: Daarom sal ek U loof onder die nasies en tot eer van u Naam psalmsing.

en ook: Loof die Here, alle nasies, en prys Hom, alle volke.

Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.