En onderwyl Petrus oral rondgaan, het hy ook gekom by die heiliges wat in Lidda woon;
En al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.
En omdat Lidda naby Joppe was en die dissipels gehoor het dat Petrus daar was, het hulle twee manne na hom gestuur wat hom moes smeek dat hy sonder uitstel na hulle moet oorkom.