Skip to Content

"kusiete"

9 keer in AFR53

Trek op, perde, en raas, waens! En laat die helde uittrek: Kusiete en Putéërs wat die skild hanteer, en Ludiete wat die boog hanteer en span.

Perse, Kusiete en Putéërs saam met hulle, almal met skild en helm;

En hy sal mag hê oor die skatte van goud en silwer en oor al die kosbaarhede van Egipte, terwyl die Líbiërs en die Kusiete sy voetstappe volg.

Ook julle, o Kusiete, deurboordes van my swaard is hulle.

met twaalf honderd strydwaens en sestig duisend perderuiters; en ontelbaar was die manskappe wat saam met hom uit Egipte gekom het: Líbiërs, Sukkiete en Kusiete.

En die HERE het die Kusiete voor Asa en Juda verslaan, en die Kusiete het gevlug.

En Asa en die manskappe wat by hom was, het hulle agtervolg tot by Gerar; en van die Kusiete het soveel geval, dat daar vir hulle geen herstel moontlik was nie; want hulle was gebreek voor die aangesig van die HERE en voor sy leër. En hulle het 'n baie groot buit geneem;

Was die Kusiete en die Libiërs nie 'n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die HERE gesteun het;

Toe verwek die HERE teen Joram die gees van die Filistyne en van die Arabiere wat langsaan die Kusiete is--