Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?
en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.
En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê.
Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie?
Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.
'n Os ken sy besitter en 'n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.