Sajin. Haar vorste was helderder as sneeu, witter as melk, rooier van liggaam as korale, hulle gestalte 'n saffier.
Aram het met jou handel gedrywe weens die menigte van jou kunswerke: karbonkel, purper en veelkleurige stowwe en fyn linne en korale en robyne het hulle as handelsartikels aan jou gelewer.
Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van wysheid is meer werd as korale.
dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.
Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.
Daar is goud en 'n menigte korale, maar 'n kosbare sieraad is die lippe van kennis.
Alef. Wie sal 'n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.