"koers"
8 keer in AFR53
Dit het jy aan hulle--jou koopmans--met wie jy jou vermoei het van jou jeug af; elkeen dwaal sy eie koers; niemand is daar wat jou red nie.
Toe het Bíleam hom klaargemaak en weggetrek en na sy woonplek teruggekeer. En Balak het ook sy koers gegaan.
Daarop gaan die kinders van Dan hulle koers, terwyl Miga, toe hy sien dat hulle sterker was as hy, omdraai en na sy huis teruggaan.
En Dawid het sy manne streng bestraf en hulle nie toegelaat om teen Saul op te staan nie. En Saul het uit die spelonk uit opgestaan en sy koers gegaan.
Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie.