En dat die voete en die tone, soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was--dit sal 'n verdeelde koninkryk wees, en van die hardheid van die yster sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het.
Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het--hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie.