Skip to Content

"kleding"

7 keer in AFR53

En Hy het geregtigheid aangetrek soos 'n pantser, en die helm van heil was op sy hoof; en die klere van wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in die ywer soos in 'n mantel.

En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.

Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel.

Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.

Ek het ook 'n rougewaad my kleding gemaak en vir hulle 'n spreekwoord geword.

dan is daar lammers vir jou kleding en bokke as 'n koopprys vir grond,

So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,