"jójagin"
10 keer in AFR53
En in die sewe en dertigste jaar van die ballingskap van Jójagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die vyf en twintigste van die maand, het Evil-Meródag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging die hoof van Jójagin, die koning van Juda, verhef en hom uit die gevangenis uitgebring.
Agttien jaar was Jójagin oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Nehústa, 'n dogter van Élnatan, van Jerusalem.
het Jójagin, die koning van Juda, uitgegaan na die koning van Babel, hy en sy moeder en sy dienaars en sy owerstes en sy hofdienaars, en die koning van Babel het hom gevange geneem in die agtste jaar van sy regering.
En hy het Jójagin in ballingskap weggevoer na Babel, en ook die moeder van die koning en die vroue van die koning en sy hofdienaars; ook die magtiges van die land het hy in ballingskap uit Jerusalem na Babel laat gaan.
En die koning van Babel het Mattánja, die oom van Jójagin, in sy plek koning gemaak en sy naam verander in Sedekía.
En in die sewe en dertigste jaar van die ballingskap van Jójagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die sewe en twintigste van die maand, het Evil-Meródag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging, Jójagin, die koning van Juda, uit die gevangenis verhef.