Skip to Content

"juig"

74 keer in AFR53

Juig en jubel, o inwoners van Sion! Want die Heilige van Israel is groot in julle midde.

Hulle daar hef hul stem op, hulle jubel; vanweë die majesteit van die HERE juig hulle van die see af:

En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die HERE op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp.

En die ootmoediges sal vreugde op vreugde smaak in die HERE, en die behoeftiges onder die mense sal juig in die Heilige van Israel.

Die woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos 'n narsing;

dit sal lustig bloei en juig, ja, met gejuig en gejubel; die heerlikheid van die Líbanon is aan hom gegee, die sieraad van Karmel en Saron; hulle dáár sal sien die heerlikheid van die HERE, die sieraad van onse God.

Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegneem en die storm hulle verstrooi; maar jy sal juig in die HERE, jou beroem op die Heilige van Israel.

Jubel, o hemele, want die HERE het dit gedoen. Juig, dieptes van die aarde! Breek uit in gejubel, o berge, bosse en al die bome daarin! Want die HERE het Jakob verlos, en Hy sal Homself verheerlik aan Israel.

Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge breek uit in gejubel! Want die HERE het sy volk getroos en ontferm Hom oor sy ellendiges.

Jubel, onvrugbare, wat nie gebaar het nie! Breek uit in gejubel en juig, jy wat geen weë gehad het nie! Want die kinders van die eensame is meer as die kinders van die getroude, sê die HERE.

Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel--soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.

Maar wees julle bly en juig vir ewig oor wat Ek skep; want kyk, Ek skep Jerusalem om te juig, en sy mense om bly te wees.

En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.

Wees bly saam met Jerusalem en juig oor haar, almal wat haar liefhet! Wees vrolik saam met haar, baie vrolik, almal wat oor haar treurig gewees het!

En toe Josua die stem van die volk hoor hoe hulle juig, sê hy aan Moses: Daar is oorlogsgeraas in die laer.

Want so sê die HERE: Jubel oor Jakob van vreugde, en juig oor die hoof van die nasies; laat dit hoor, sing lof en sê: o HERE, verlos u volk, die oorblyfsel van Israel!

Juig oor hom rondom--hy het hom oorgegee, sy pilare het geval, sy mure is afgebreek; want dit is die wraak van die HERE; wreek julle op hom, doen aan hom soos hy gedoen het!

Dan sal oor Babel juig hemel en aarde en alles wat daarin is; want uit die noorde kom die verwoesters oor hom, spreek die HERE.

Toe hy tot by Legi kom, juig die Filistyne hom tegemoet; maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword, en die toue wat aan sy arms was, het geword soos linnedrade wat in die vuur brand, en sy bande het versmelt van sy hande af.

En Samuel sê aan die hele volk: Sien julle hom wat die HERE uitgekies het? Want daar is nie een onder die hele volk soos hy nie. Toe juig die hele volk en sê: Mag die koning lewe!

Wees nie bevrees nie, o aarde, juig en wees bly, want die HERE doen groot dinge!

En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.

Hy trek hulle almal op met die hoek, sleep hulle in sy net en vergader hulle in sy seën; daarom is hy vrolik en juig.

nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.

Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem!

Die HERE jou God is by jou, 'n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.

Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die HERE is Koning!

Laat die see en sy volheid bruis, laat die veld juig en al wat daarin is.

Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op 'n esel--op 'n jong esel, die vul van 'n eselin.

En Efraim sal wees soos 'n held, en hulle hart sal vrolik wees soos deur wyn, en hulle kinders sal dit sien en hulle verbly, hulle hart sal juig in die HERE.

Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.

Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet.

In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,

sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.

Want die goddelose juig oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die HERE.

Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel!

sodat my vyand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie, en my teëstanders nie juig as ek wankel nie.

Maar ek- op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.

Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die HERE die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.

Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;

Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul!

o HERE, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!

Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie.

Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het

Wees bly in die HERE en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!

Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil.

Hieraan weet ek dat U 'n welbehae in my het: dat my vyand oor my nie juig nie.

Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig oor u oordele.

Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het.

Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As God die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.

Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle.

Vir die musiekleier. 'n Lied. 'n Psalm. Juig tot eer van God, o ganse aarde!

Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap.

Jubel tot eer van God, ons sterkte! Juig tot eer van die God van Jakob!

In u Naam juig hulle die hele dag, en deur u geregtigheid word hulle verhef.

Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!

Laat die hemele bly wees en die aarde juig; laat die see en sy volheid bruis.

Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van die bos jubel

Die HERE is Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!

Sion hoor dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, o HERE!

Juig voor die HERE, o ganse aarde, breek uit en psalmsing!

met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die HERE!

'n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde!

Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.

Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning!

Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde.

die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte,

Die vader van 'n regverdige juig baie; en as iemand 'n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.

Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laat sy juig wat jou gebaar het.

As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,

As die regverdiges juig, is die heerlikheid groot; maar as die goddelose opkom, moet die mense gesoek word.

Trek my agter u aan, laat ons gou maak! Die koning het my in sy binnekamers gebring. Ons wil juig en ons in u verheug, ons wil u liefde prys meer as wyn. Met reg het hulle u lief.

U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word.

Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.