Skip to Content

"jaïr"

8 keer in AFR53

En Jaïr, die seun van Manasse, het gegaan en hulle tentdorpe ingeneem en dit tentdorpe van Jaïr genoem.

Jaïr, die seun van Manasse, het die hele landstreek Argob tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete gekry en dit, naamlik Basan, na sy naam Jaïrsdorpe genoem tot vandag toe.

En Jaïr het gesterwe en is in Kamon begrawe.

En ná hom het Jaïr, die Gileadiet, opgetree, en hy het Israel twee en twintig jaar lank gerig.

Ben-Geber was in Ramot in Gílead; hy het die dorpe van Jaïr, die seun van Manasse, gehad wat in Gílead lê; hy het die landstreek Argob gehad wat in Basan lê: sestig groot stede met mure en kopergrendels.

En Segub was die vader van Jaïr, en hy het drie en twintig stede in die land Gílead gehad.

En daar was weer oorlog met die Filistyne; en Élhanan, die seun van Jaïr, het Lagmi, die broer van Goliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan.

Daar was 'n Joodse man in die vesting Susan met die naam van Mórdegai, die seun van Jaïr, die seun van Símeï, die seun van Kis, 'n Benjaminiet,