"ittai"
7 keer in AFR53
En die koning sê vir Ittai, die Gittiet: Waarvoor sou jy ook met ons saamgaan? Draai om en bly by die koning, want jy is 'n uitlander en ook 'n balling uit jou woonplek.
Maar Ittai het die koning geantwoord en gesê: So waar as die HERE leef en my heer die koning leef, voorwaar, op die plek waar my heer die koning sal wees vir dood of vir lewe, daar sal u dienaar sekerlik ook wees!
Toe sê Dawid vir Ittai: Gaan, trek dan verby! En Ittai, die Gittiet, het verbygetrek met al sy manne en al die kinders wat by hom was.
En Dawid het die manskappe uitgestuur: 'n derde deel onder bevel van Joab, en 'n derde onder Abísai, die seun van Serúja, die broer van Joab, en 'n derde onder Ittai, die Gittiet; en die koning het aan die manskappe gesê: Ek sal ook seker saam met julle uittrek.
En die koning het Joab en Abísai en Ittai bevel gegee en gesê: Saggies met die jongman, met Absalom. En al die manskappe het gehoor toe die koning aan al die owerstes bevel gee omtrent Absalom.