En Absalom het Amása in Joab se plek oor die leër aangestel; en Amása was die seun van 'n man met die naam van Jitra, die Ismaeliet wat ingegaan het by Abígail, die dogter van Nahas, die suster van Serúja, Joab se moeder.
En Abígail het Amása gebaar; en die vader van Amása was Jeter, die Ismaeliet.
En oor die kamele was Obil, die Ismaeliet; en oor die eselinne was Jégdeja, die Meronotiet.