Maar Hággai, die profeet, en Sagaría, die seun van Iddo, die profete, het vir die Jode wat in Juda en Jerusalem was, geprofeteer in die Naam van die God van Israel wat oor hulle was.
En die oudstes van die Jode het gebou en goed gevorder deur die profetiese werksaamheid van die profeet Hággai en Sagaría, die seun van Iddo; en hulle het gebou en voltooi op bevel van die God van Israel en op bevel van Kores en Daríus en Artasásta, koning van Persië.