Skip to Content

"hope"

9 keer in AFR53

En hulle het dit by hope bymekaargemaak, en die land het gestink.

Waarom sou Ek jou vergewe? Jou kinders het My verlaat en gesweer by die wat geen god is nie. En toe Ek hulle versadig het, het hulle owerspel bedrywe en by hope versamel in die hoerhuis.

En toe die boodskapper kom en hom berig bring en sê: Hulle het die hoofde van die koning se seuns gebring, sê hy: Sit hulle in twee hope neer by die ingang van die poort tot môre toe.

Nou sal jy by hope bymekaar moet kom, o dogter van krygsbendes; die vyand het 'n wal teen ons opgegooi; met 'n stok slaan hulle die regeerder van Israel op die kakebeen.

Ruiters op 'n galop en geglinster van swaarde en geblits van spiese! En 'n menigte wat verslaan is, en hope dooies en geen einde aan die lyke nie--'n mens struikel oor hulle lyke!

En die kinders van Israel en Juda wat in die stede van Juda woonagtig was, hulle het ook die tiendes ingebring van beeste en kleinvee en die tiendes van die heilige gawes wat aan die HERE hulle God geheilig was, en dit op hope neergelê.

In die derde maand het hulle die hope begin opstapel, en in die sewende maand was hulle daarmee gereed.

Toe Jehiskía en die owerstes kom en die hope sien, het hulle die HERE en sy volk Israel geseën.

En toe Jehiskía by die priesters en die Leviete ondersoek doen na die hope,