Skip to Content

"hesron"

19 keer in AFR53

En die seuns van Ruben: Henog en Pallu en Hesron en Karmi.

En die seuns van Juda: Er en Onan en Sela en Peres en Serag. Maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän; en die seuns van Peres was Hesron en Hamul.

Dit is die hoofde van hulle families. Die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel: Henog en Pallu, Hesron en Karmi; dit is die geslagte van Ruben.

Die seuns van Juda was: Peres, Hesron en Karmi en Hur en Sobal.

die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel, was: Henog en Pallu, Hesron en Karmi.

van Hesron die geslag van die Hesroniete; van Karmi die geslag van die Karmiete.

En die seuns van Peres: van Hesron die geslag van die Hesroniete; van Hamul die geslag van die Hamuliete.

en dit loop aan suid van Skerpioennek en loop oor na Sin en loop op suid van Kades-Barnéa en loop oor na Hesron en loop op na Addar en swaai na Karka toe;

en Hasor-Hadátta en Kériot-Hesron, dit is Hasor;

En dit is die stamboom van Peres: Peres was die vader van Hesron,

en Hesron die vader van Ram, en Ram van Ammínadab,

Die seuns van Peres was Hesron en Hamul.

En die seuns van Hesron wat vir hom gebore is, was Jerágmeël en Ram en Kelúbai.

En Kaleb, die seun van Hesron, het by sy vrou Asúba Jeríot verwek. En dit is haar seuns: Jeser en Sobab en Ardon.

Daarna het Hesron gegaan na die dogter van Magir, die vader van Gílead; en hy het haar geneem toe hy sestig jaar oud was; en sy het vir hom Segub gebaar.

En ná die dood van Hesron in Kaleb-Éfrata het Abía, die vrou van Hesron, vir hom ook Asgur, die vader van Tekóa, gebaar.

En die seuns van Jerágmeël, die eersgeborene van Hesron, was: die eersgeborene Ram; verder Buna en Oren en Osem uit Ahía.

en Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, en Peres was die vader van Hesron, en Hesron die vader van Ram,

die seun van Ammínadab, die seun van Ram, die seun van Hesron, die seun van Peres, die seun van Juda,