En aan Kehat het behoort die geslag van die Amramiete en die geslag van die Jishariete en die geslag van die Hebroniete en die geslag van die Ussiëliete. Dit is die geslagte van die Kehatiete.
Dit is die geslagte van Levi: die geslag van die Libniete, die geslag van die Hebroniete, die geslag van die Magliete, die geslag van die Musiete, die geslag van die Koragiete. En Kehat was die vader van Amram.
Wat die Amramiete, die Jishariete, die Hebroniete, die Ussiëliete betref,
van die Hebroniete het Hasábja en sy broers, dapper manne, duisend sewe honderd, die opsig gehad oor Israel, duskant die Jordaan na die weste toe, vir enige werk van die HERE en vir die diens van die koning.
Van die Hebroniete was Jería die hoof--daar is na die Hebroniete volgens hulle afstamming, volgens families, 'n ondersoek ingestel in die veertigste jaar van die koningskap van Dawid, en daar is onder hulle dapper helde gevind in Jaéser in Gílead--