Skip to Content

"heber"

23 keer in AFR53

En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore.

En Arpagsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.

En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan.

Toe Selag dertig jaar oud was, het hy die vader van Heber geword.

En Selag het ná die geboorte van Heber nog vier honderd en drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

Toe Heber vier en dertig jaar oud was, het hy die vader van Peleg geword.

En Heber het ná die geboorte van Peleg nog vier honderd en dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

En die seuns van Aser: Jimna en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster; en die seuns van Bería: Heber en Málkiël.

En sy Joodse vrou het gebaar: Jered, die vader van Gedor, en Heber, die vader van Sogo, en Jekútiël, die vader van Sanóag.

En skepe kom van die kant van die Kittiërs af, en hulle verneder Assur en hulle verneder Heber; en hy is ook tot ondergang bestem.

van die seuns van Bería: van Heber die geslag van die Hebriete; van Málkiël die geslag van die Malkiëliete.

En Heber, die Keniet, het hom afgeskei van Kain, van die kinders van Hobab, die swaer van Moses, en het sy tente opgeslaan tot by die terpentynboom by Saänáim, naby Kedes.

Toe vlug Sísera te voet na die tent van Jael, die vrou van Heber, die Keniet; want daar was vrede tussen Jabin, die koning van Hasor, en die huis van Heber, die Keniet.

Toe neem Jael, die vrou van Heber, 'n tentpen en vat die hamer in haar hand en gaan stilletjies na hom en dryf die pen terwyl hy vas aan die slaap was dwarsdeur die slaap van sy hoof, sodat dit in die grond indring. So het hy dan bewusteloos geword en gesterwe.

Mag bo die vroue geseënd wees Jael, die vrou van Heber, die Keniet; geseënd wees bo die vroue in die tent!

En Arpágsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.

En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en sy broer se naam was Joktan.

Heber, Peleg, Rehu,

En die seuns van Bería was Heber en Málkiël; hy was die vader van Birsájit.

En Heber was die vader van Jaflet, en van Somer en Hotam en Sua, hulle suster.

en Sebádja en Mesúllam en Hiski en Heber

van Sállai, Kállai; van Amok, Heber;

die seun van Serug, die seun van Rehu, die seun van Peleg, die seun van Heber, die seun van Sela,