sê vir hulle wat met los kalk pleister, dat dit sal afval; daar sal 'n oorstromende stortreën kom; en julle, haelstene, sal val en 'n stormwind sal losbreek.
Daarom, so spreek die Here HERE: Ja, Ek sal 'n stormwind in my grimmigheid laat losbreek, en daar sal 'n oorstromende stortreën kom in my toorn en haelstene in grimmigheid tot vernietiging.
En toe hulle voor Israel uit vlug terwyl hulle op die afdraand van Bet-Horon was, het die HERE groot haelstene uit die hemel op hulle gewerp tot by Aséka, sodat hulle gesterf het; daar het meer gesterf deur die haelstene as wat die kinders van Israel met die swaard doodgeslaan het.
En Ek sal met hom in die gereg gaan deur pes en deur bloed; en oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is.