Skip to Content

"get"

12 keer in AFR53

Get. Jerusalem het swaar gesondig, daarom het sy 'n voorwerp van afsku geword; almal wat haar geëer het, verag haar, omdat hulle haar naaktheid gesien het; sy self sug en het haar weggedraai.

Get. Die HERE het Hom voorgeneem om die muur van die dogter van Sion te verwoes; Hy het die meetsnoer gespan, sy hand nie teruggetrek van vernietiging nie; ja, Hy het voorskans en muur laat treur, saam sak hulle inmekaar.

Get. dit is die goedertierenhede van die HERE dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie;

Get. Maar hulle voorkoms het donkerder as swartsel geword, hulle is nie herken op die strate nie; hulle vel kleef aan hul gebeente, dit het droog geword soos hout.

Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE!

Get. Die Engel van die HERE trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.

Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg.

Sajin. Hy het vir sy wonders 'n gedagtenis gestig; Get. die HERE is genadig en barmhartig.

Sajin. Vir die opregtes gaan Hy op as 'n lig in die duisternis: Get. genadig en barmhartig en regverdig.

Get. Die HERE is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar.

Get. Genadig en barmhartig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.

Get. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig.