"gerson"
17 keer in AFR53
En dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle afstamming: Gerson en Kehat en Merári. En die lewensjare van Levi was honderd sewe en dertig jaar.
Aan Gerson behoort die geslag van die Libniete en die geslag van die Simeïete. Dit is die geslagte van die Gersoniete.
En die seuns van Gerson moet by die tent van samekoms versorg: die tabernakel en die tent, sy dekkleed en die bedekking vir die ingang van die tent van samekoms;
Neem die volle getal op ook van die seuns van Gerson volgens hulle families, volgens hulle geslagte.
Dit is die geteldes van die geslagte van Gerson se seuns, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE getel het.
Toe is die tabernakel afgebreek; en die seuns van Gerson en die seuns van Merári, die draers van die tabernakel, het weggetrek.
En dit is die geteldes van Levi volgens hulle geslagte: van Gerson die geslag van die Gersoniete; van Kehat die geslag van die Kehatiete; van Merári die geslag van die Merariete.
en die kinders van Gerson, uit die geslagte van die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die halwe stam van Manasse in Basan, deur die lot, dertien stede;