U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
Die eenvoudiges verkry sotheid as 'n erfenis, maar die skranderes word met kennis gekroon.
U het hom 'n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.
maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir 'n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.