Skip to Content

"gedug"

8 keer in AFR53

o HERE, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?

Verskriklik en gedug is hy, van homself gaan sy reg en hoogheid uit.

Want die HERE is groot en baie lofwaardig, en Hy is gedug bo al die gode.

Vervloek is ook die bedrieër wat, terwyl daar onder sy kleinvee 'n manlike dier is, 'n gelofte doen en tog iets wat vermink is, aan die HERE offer; want Ek is 'n groot Koning, sê die HERE van die leërskare, en my Naam is gedug onder die heidene.

Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, 'n groot Koning oor die hele aarde.

Kom en aanskou die dade van God, Hy wat gedug is in werking oor die mensekinders.

'n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is?

Want die HERE is groot en baie lofwaardig; Hy is gedug bo al die gode.