Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o HERE! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit.
Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.
En HERE God van die leërskare, HERE is sy gedenknaam.
Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;
o Regverdiges, wees bly in die HERE, en loof sy heilige gedenknaam!
Maar U, o HERE, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.
o HERE, u Naam is tot in ewigheid, u gedenknaam, HERE, van geslag tot geslag!