"adónia"
26 keer in AFR53
Intussen was Adónia, die seun van Haggit, so vermetel om te dink: Ek sal koning word! En hy het vir hom waens en perderuiters aangeskaf en vyftig man wat voor hom uit loop.
En hy het met Joab, die seun van Serúja, onderhandel en met Abjatar, die priester, sodat hulle gehelp het as volgelinge van Adónia.
Maar Sadok, die priester, en Benája, die seun van Jójada, en Natan, die profeet, en Símeï en Reï en die helde van Dawid het nie met Adónia saamgegaan nie.
En Adónia het kleinvee en beeste en vetgemaakte vee geslag by die klip Sohélet wat langs die fontein Rogel staan, en al sy broers, die seuns van die koning, en al die manne van Juda, die dienaars van die koning, genooi;
Toe sê Natan vir Bátseba, die moeder van Salomo: Het u nie gehoor dat Adónia, die seun van Haggit, koning geword het sonder dat ons heer Dawid dit weet nie?
Gaan en tree binne by koning Dawid en sê vir hom: Het ú nie, my heer die koning, vir u dienares gesweer en gesê nie: U seun Salomo sal sekerlik koning word ná my, en hy sal op my troon sit? Waarom het Adónia dan koning geword?
En Natan sê: My heer die koning, het ú gesê: Adónia sal ná my koning word, en hy sal op my troon sit?
Want hy het vandag gegaan en beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en die leërowerstes en Abjatar, die priester, genooi, en kyk, hulle eet en drink voor hom en sê: Mag koning Adónia lewe!
En Adónia het dit gehoor en al die genooides wat by hom was, toe hulle net klaar geëet het; Joab het ook die geluid van die ramshoring gehoor en gesê: Waarom is die geluid van die stad rumoerig?
Terwyl hy nog spreek, kom Jónatan, die seun van die priester Abjatar, daar aan; en Adónia sê: Kom in, want jy is 'n wakker man en bring 'n goeie boodskap.
Maar Adónia was bevrees vir Salomo en het opgestaan en heengegaan en die horings van die altaar vasgehou.
Toe is daar aan Salomo meegedeel en gesê: Kyk, Adónia is bevrees vir koning Salomo; en kyk, hy hou die horings van die altaar vas en sê: Laat koning Salomo eers vir my sweer dat hy sy dienaar nie met die swaard sal ombring nie.
Toe kom Adónia, die seun van Haggit, na Bátseba, die moeder van Salomo, en sy vra: Is jou koms vrede? En hy antwoord: Vrede.
Toe Bátseba dan ingaan na koning Salomo om met hom oor Adónia te spreek, het die koning opgestaan om haar te ontmoet en voor haar gebuig; daarna het hy op sy troon gaan sit en vir die moeder van die koning 'n stoel laat neersit, en sy het aan sy regterhand plaas geneem.
Daarop antwoord koning Salomo en sê aan sy moeder: Maar waarom vra u Abísag, die Sunamitiese, vir Adónia? Vra ook die koningskap vir hom, want hy is my broer wat ouer is as ek, ja, vir hom en vir Abjatar, die priester, en vir Joab, die seun van Serúja!
En koning Salomo het gesweer by die HERE en gesê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen--sekerlik, Adónia het hierdie woord ten koste van sy lewe gespreek.
En nou, so waar as die HERE leef wat my bevestig het en my op die troon van my vader Dawid laat sit en vir my 'n huis gestig het volgens sy belofte--Adónia sal sekerlik vandag gedood word!
Toe die gerug by Joab kom--want Joab was aan die kant van Adónia, alhoewel hy nie aan die kant van Absalom was nie--het Joab gevlug na die tent van die HERE en die horings van die altaar vasgehou.
die derde Absalom, die seun van Máäga, die dogter van Tálmai, die koning van Gésur; die vierde Adónia, die seun van Haggit;