"ent"
10 keer in AFR53
Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog 'n kort ent pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling.
En toe ek van Paddan gekom het, het Ragel by my gesterwe in die land Kanaän, op die reis toe daar nog 'n kort ent pad was om by Efrat te kom; en ek het haar daar begrawe langs die pad na Efrat, dit is Betlehem.
En maak een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet julle die gérubs maak, aan die twee ente.
En die middelste dwarshout moet in die middel van die style oordwars loop, van die een ent na die ander.
En hy het die middelste dwarshout gemaak om oordwars te loop, in die middel van die style, van die een ent na die ander.
Een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, het hy die gérubs gemaak, aan die twee ente.
Nadat hulle 'n hele ent weg was van Miga se huis af, is die manne van die huise wat by Miga se huis staan, bymekaargeroep, en hulle het die kinders van Dan agtervolg