"eliëser"
14 keer in AFR53
Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?
en die naam van die ander was Eliëser; want, het hy gesê, die God van my vader is my hulp en het my van Farao se swaard verlos.)
En die seuns van Beger was: Semíra en Joas en Eliëser en Eljoënai en Omri en Jéremot en Abía en Anatot en Alémet; hulle almal was seuns van Beger.
En die priesters Sebánja en Jósafat en Netáneël en Amásai en Sagaría en Benája en Eliëser het op die trompette geblaas voor die ark van God uit; en Obed-Edom en Jehía was poortwagters van die ark.
En die seuns van Eliëser was Rehábja, die hoof; en Eliëser het nie ander seuns gehad nie, maar die seuns van Rehábja het buitengewoon vermeerder;
En wat sy broers, van Eliëser afkomstig, betref, sy seun was Rehábja, en sy seun Jesaja, en sy seun Joram, en sy seun Sigri, en sy seun Selómot.
En oor die stamme van Israel: bevelhebber oor die Rubeniete was Eliëser, die seun van Sigri; oor die Simeoniete was Safátja, die seun van Máäga;
Maar Eliëser, die seun van Dódawa, uit Marésa, het teen Jósafat geprofeteer en gesê: Omdat u 'n bondgenootskap met Ahásia aangegaan het, verbreek die HERE u werk. En die skepe het skipbreuk gely, sodat hulle nie in staat was om na Tarsis te vaar nie.
Daarom het ek Eliëser, Ariël, Semája en Élnatan en Jarib en Élnatan en Natan en Sagaría en Mesúllam, die hoofde, en Jójarib en Élnatan, die leraars, gestuur