"distrik"
7 keer in AFR53
En naas hom het Sallum, die seun van Hallóhes, owerste van die halwe distrik Jerusalem, herstel, hy met sy dogters.
En die Aspoort het Malkía, die seun van Regab, owerste van die distrik Bet-Hakkerem, herstel; hy het dit opgebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.
En die Fonteinpoort het Sallum, die seun van Kol-Hosé, owerste van die distrik Mispa, herstel; hy het dit opgebou en dit oordek, en hy het sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook die muur van die dam van die waterleiding by die koning se tuin, en tot by die trappe wat van die Dawidstad afloop.
Ná hom het Nehemía, die seun van Asbuk, owerste van die halwe distrik Bet-Sur, tot teenoor die Dawidsgrafte herstel en tot by die kunstig aangelegde dam en tot by die huis van die helde.