"buitekant"
98 keer in AFR53
Maar hy het nog getalm. Toe gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat die HERE hom wou verskoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad.
En hy het die kamele laat neerkniel buitekant die stad by 'n put, teen die aand, teen die tyd dat die vroue uitgaan om water te skep,
en gesê: Kom in, geseënde van die HERE! Waarom staan jy buitekant terwyl ek die huis reggemaak het en ook plek vir die kamele?
En sit die tafel buitekant die voorhangsel, en die kandelaar teenoor die tafel aan die suidekant van die tabernakel. Maar die tafel moet jy aan die noordekant sit.
In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE. Dit sal 'n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel.
Maar die vleis van die bul en sy vel en sy mis moet jy buitekant die laer met vuur verbrand. Dit is 'n sondoffer.
En Moses het elke keer 'n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was.
Hy het ook die tafel in die tent van samekoms neergesit, aan die kant van die tabernakel, teen die noorde, buitekant die voorhangsel.
die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring op 'n rein plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word.
Daarna moet hy die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het; dit is 'n sondoffer van die vergadering.
Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as buitekant die laer op 'n rein plek uitbring.
Maar die bul met sy vel en sy vleis en sy mis het hy buitekant die laer met vuur verbrand, soos die HERE Moses beveel het.
So spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek laat die oorlogswapens terugdraai wat in julle hande is, waarmee julle oorlog voer buitekant die muur teen die koning van Babel en teen die Chaldeërs wat julle beleër; en Ek sal dit binne-in hierdie stad versamel.
En Moses het Mísael en Élsafan, die seuns van Ussíël, die oom van Aäron, geroep en aan hulle gesê: Kom nader, dra julle broers van die heiligdom af weg, buitekant die laer uit.
Al die tyd dat die plaag op hom is, sal hy onrein wees. Onrein is hy; alleen moet hy woon; buitekant die laer moet sy woning wees.
en die priester moet buitekant die laer gaan. As die priester sien dat die plaag van melaatsheid genees is, van die melaatse weg is,
Dan moet hy wat gereinig moet word, sy klere was en al sy hare afskeer en 'n bad neem; dan sal hy rein wees. En daarna kan hy in die laer kom, maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly.
dan moet die priester bevel gee dat hulle die klippe uitbreek waaraan die plaag is, en dit buitekant die stad op 'n onrein plek gooi.
En die huis moet hulle binnekant rondom afkrap en die klei wat hulle afgekrap het, buitekant die stad op 'n onrein plek weggooi.
Daarom moet hulle die huis afbreek: sy klippe en sy hout en al die klei van die huis, en hulle moet dit buitekant die stad op 'n onrein plek uitbring.
Daarop moet hy die lewendige voël buitekant die stad oor die oop veld laat wegvlieg. So moet hy dan vir die huis versoening doen, en dit sal rein wees.
Maar die sondofferbul en die sondofferbok waarvan die bloed ingebring is om versoening te doen in die heiligdom, moet hulle buitekant die laer uitbring; en hulle velle, hulle vleis en hulle mis moet met vuur verbrand word.
Elkeen uit die huis van Israel wat 'n bees of 'n lam of 'n bok in die laer slag of dit buitekant die laer slag,
Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.
Aäron moet dit buitekant die voorhangsel van die Getuienis, in die tent van samekoms, regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte.
Bring die vloeker buitekant die laer uit, en almal wat dit gehoor het, moet hulle hande op sy hoof lê; dan moet die hele vergadering hom stenig.
Moses het toe met die kinders van Israel gespreek, en hulle het die vloeker buitekant die laer uitgebring en hom gestenig. En die kinders van Israel het gedoen soos die HERE Moses beveel het.
Man sowel as vrou moet julle wegstuur; buitekant die laer moet julle hulle wegstuur, sodat hulle nie hul laer verontreinig waar Ek in hulle midde woon nie.
En die kinders van Israel het so gedoen en hulle buitekant die laer gestuur; soos die HERE met Moses gespreek het, so het die kinders van Israel gedoen.
Toe sê die HERE vir Moses: As haar vader net maar in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem word.
En hulle het Mirjam sewe dae lank buitekant die laer opgesluit; en die volk het nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem was nie.
Toe sê die HERE vir Moses: Die man moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom buitekant die laer stenig.
Toe het die hele vergadering hom buitekant die laer uitgebring en hom gestenig, dat hy gesterf het, soos die HERE Moses beveel het.
En julle moet haar aan die priester Eleásar gee, en hulle moet haar buitekant die laer uitbring en voor hom slag.
En 'n rein man moet die as van die koei bymekaarmaak en buitekant die laer op 'n rein plek neersit, en dit moet vir die vergadering van die kinders van Israel bewaar word vir die reinigingswater: dit is 'n sondoffer.
En toe Moses en die priester Eleásar en al die owerstes van die vergadering hulle buitekant die laer tegemoetgaan,
En julle, slaan sewe dae lank 'n kamp op buitekant die laer; elkeen wat 'n mens gedood en elkeen wat aan 'n gesneuwelde geraak het--julle moet jul op die derde dag en op die sewende dag ontsondig, julle en jul gevangenes.
En julle moet buitekant die stad meet: aan die oostekant twee duisend el en aan die suidekant twee duisend el en aan die westekant twee duisend el en aan die noordekant twee duisend el, en die stad in die middel. Dit moet vir hulle as weiveld van die stede dien.
Maar as hy wat 'n doodslag begaan het, ooit buitekant die grens van sy vrystad gaan waarheen hy moes vlug,
en die bloedwreker hom buitekant die grens van sy vrystad kry, en die bloedwreker hom doodslaan wat 'n doodslag begaan het, dan sal daar vir hom geen bloedskuld wees nie.
Resj. Aanskou, HERE, hoe benoud ek is, my ingewande is in beroering, my hart draai om in my binneste, want ek was baie wederstrewig; buitekant het die swaard berowe, binnekant is dit soos die pes.
As daar iemand by jou is wat weens 'n voorval by nag nie rein is nie, moet hy buitekant die laer uitgaan; hy mag nie in die laer inkom nie.
En jy moet by jou gereedskap 'n grafie hê; as jy dan buitekant gaan sit, moet jy daarmee grawe en wat van jou uitgegaan het, weer toemaak.
Buitekant sal die swaard beroof, en in die binnekamers die verskrikking; die jongman sowel as die jongedogter, die suigling saam met die grysaard.
Die jongmanne, die spioene, het toe ingegaan en Ragab met haar vader en haar moeder en haar broers en almal wat aan haar behoort het uitgebring--al haar familiebetrekkinge het hulle uitgebring en hulle buitekant die laer van Israel laat bly.
En kyk, daar was 'n muur aan die buitekant van die huis al rondom, en in die man se hand was die meetroede van ses el (elkeen was 'n el en 'n handbreedte); en hy het die dikte van die bouwerk gemeet: een roede, en die hoogte: een roede.
En buitekant die binneste poort was twee kamers in die binneste voorhof, een aan die symuur van die noordpoort, met die voorkant na die suide toe; een was aan die symuur van die suidpoort, met die voorkant na die noorde toe.
die plek bokant die deur tot in die binneste huis sowel as buitekant, en op die hele muur al rondom, binnekant en buitekant--oral was daar vaste mate.
En daarop, op die deure van die hoofvertrek, is gérubs en palmbome aangebring soos daar op die mure aangebring is; en daar was 'n afdak van hout vooraan die voorportaal buitekant.
En daar was 'n muur wat buitekant ewewydig met die kamers geloop het, na die buitenste voorhof toe, vooraan die kamers, vyftig el lank.
En dit is die afmetinge van die altaar in elle (die el is 'n el en 'n handbreedte): die voetlaag 'n el hoog en 'n el die breedte; en die opstaande rand daarvan aan die buitekant daarvan rondom: een span; en dit is die onderbou van die altaar.
Dan moet jy die sondofferbul neem, en hulle moet hom verbrand in die daarvoor bestemde plek van die huis, buitekant die heiligdom.
En hy het my uitgebring deur die noordpoort en my buitekant om laat gaan na die buitenste poort wat na die ooste kyk; en kyk, die waters het gekabbel uit die regtersymuur uit.
Die onderste verdieping was vyf el in sy breedte en die middelste ses el in sy breedte en die derde sewe el in sy breedte; want hy het vir die huis rondom buitekant inkortings gemaak, om nie in die mure van die huis in te las nie.
Dit was alles van kosbare klippe, volgens die maat van gekapte klip, aan die binne-- en buitekant met die saag bewerk, naamlik van die fondament af tot by die muurplate, en van die buitekant af tot by die groot voorhof.
Toe kom die twee manne, deugniete, en gaan sit teenoor hom; en die deugniete het teen hom, teen Nabot, voor die volk getuig en gesê: Nabot het God en die koning gevloek. Daarop lei hulle hom buitekant die stad uit en stenig hom, sodat hy gesterf het.
En hulle het klaargemaak in die aandskemer om in die laer van die Arameërs in te gaan; maar toe hulle aan die buitekant van die laer van die Arameërs kom, was daar niemand nie.
En hulle het ingegaan om slagoffers en brandoffers toe te berei; maar Jehu het vir hom buitekant tagtig man opgestel en gesê: Hy wat een van die manne wat ek in julle hande lewer, laat vryraak, sy lewe sal in die plek van dié se lewe wees.
Toe gee die koning die hoëpriester Hilkía en die priesters van die tweede rang en die drumpelwagters bevel om uit die tempel van die HERE al die voorwerpe uit te bring wat gemaak is vir Baäl en Asjéra en die hele leër van die hemel; en hy het dit buitekant Jerusalem in die velde van Kidron verbrand en die as daarvan na Bet-el laat dra.
En hy het die Asjéra uit die huis van die HERE buitekant Jerusalem uitgebring na die spruit Kidron en dit by die spruit Kidron verbrand en dit tot stof vermaal en sy stof gegooi op die algemene begraafplaas.
Maar Petrus het buitekant by die deur bly staan. En die ander dissipel wat bekend was met die hoëpriester, het uitgegaan en met die deurwagster gepraat en Petrus ingebring.
Op bevel van die koning maak hulle toe 'n kis en sit dit buitekant by die poort van die huis van die HERE neer.
het hy raad gehou met sy owerstes en sy helde, om die fontein-oë buitekant die stad toe te stop; en hulle het hom gehelp:
En hy het moed geskep en die hele muur opgetrek wat afgebreek was, en daar torings op gebou, ook die ander muur buitekant het hy gebou; en hy het Millo in die stad van Dawid versterk en werpspiese en skilde in menigte laat maak.
En hy het die vreemde gode en die afgodsbeeld uit die huis van die HERE verwyder, ook al die altare wat hy op die berg van die huis van die HERE en in Jerusalem gebou het, en dit buitekant die stad gegooi.
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.
Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.
En Petrus het buitekant gesit in die binneplaas van die paleis, en 'n sekere diensmeisie het na hom gekom en gesê: Jy was ook by Jesus, die Galiléër!
Hy neem toe die blinde by die hand en lei hom uit buitekant die dorp; en nadat Hy in sy oë gespuug en hom die hande opgelê het, vra Hy hom of hy iets sien.
Maar die Here sê vir hom: Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die bord skoon, maar van binne is julle vol roof en boosheid.
Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop--sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.
Maar Ek moet vandag en môre en die volgende dag verder gaan, want dit kan nie gebeur dat 'n profeet buitekant Jerusalem omkom nie.
Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.
En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; en die getuies het hulle klere neergelê by die voete van 'n jongman met die naam van Saulus.
En toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die ysterpoort wat na die stad lei, en dit het vanself vir hulle oopgegaan. En hulle het buitekant gekom en een straat ver gegaan, en dadelik het die engel hom verlaat.
Maar daar het Jode van Antiochíë en Ikónium aangekom, en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het, Paulus gestenig en hom buitekant die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood was.
En op die sabbatdag het ons uitgegaan buitekant die stad langs 'n rivier waar die gebruiklike bidplek was, en ons het gaan sit en met die vroue gespreek wat daar bymekaargekom het.
Maar toe ons die dae uitgebly het, het ons vertrek en op reis gegaan, terwyl almal, met vroue en kinders, ons tot buitekant die stad begelei; en ons het op die strand neergekniel en gebid.
Toe kom die hele stad in beweging, en daar was 'n oploop van die volk; en hulle het Paulus gegryp en hom buitekant die tempel gesleep; en dadelik is die deure gesluit.
want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word--hulle liggame word buitekant die laer verbrand.