God wat hulle uit Egipte uitgelei het, is vir hulle soos die horings van 'n buffel.
God wat hom uit Egipte uitgelei het, is vir hom soos die horings van 'n buffel; hy sal nasies, sy vyande, verteer en hulle gebeente stukkend breek en met sy pyle verbrysel.
Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?
Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?
en Hy laat hulle opspring soos 'n kalf, die Líbanon en Sirjon soos 'n jong buffel.
Maar U verhoog my horing soos van 'n buffel; ek is met vars olie gesalf.