Skip to Content

"breë"

5 keer in AFR53

Maar daar sal die HERE vir ons heerlik wees; dit sal 'n plek van riviere wees, van breë strome; geen vloot van roeiskepe sal daarop vaar nie, en geen trotse skip sal daaroor gaan nie.

So sê die HERE van die leërskare: Die breë muur van Babel sal tot op die grond toe afgebreek en sy hoë poorte sal met vuur verbrand word, sodat volke vir niks gearbei het en nasies vir die vuur; en hulle sal afgemat wees.

En dit het uitgespruit en 'n breë wingerdstok geword, laag van groei, sodat sy ranke na die arend kon draai en sy wortels onder hóm kon wees. So het dit dan 'n wingerdstok geword, en dit het lote gemaak en lootjies uitgeskiet.

Naas hom het Ussiël, die seun van Harhája, van die goudsmede, herstel; en naas hom het Hanánja, 'n lid van die salfmengers, herstel; en hulle het Jerusalem onaangeroerd gelaat tot by die breë muur.

En die tweede koor het in teenoorgestelde rigting getrek, en ek met die helfte van die volk agteraan, bo-op die muur by die Bakoond-toring langs tot by die Breë Muur;