Skip to Content

"beweeg"

38 keer in AFR53

En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.

En alle vlees wat op die aarde beweeg, het weggesterwe: die voëls en die vee en die wilde diere en al die gedierte wat op die aarde wemel, en al die mense.

Al die diere, alles wat kruip, en al die voëls, alles wat op die aarde beweeg, volgens hulle soorte, het uit die ark uitgegaan.

Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee.

Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle.

En lê dit alles op die hande van Aäron en op die hande van sy seuns, en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE.

En neem die bors van die wydingsram van Aäron en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; daarna moet dit jou deel wees.

En jy moet die bors van die beweegoffer heilig en die boud van die hefoffer, wat beweeg en gehef is van die wydingsram, wat vir Aäron en sy seuns geld.

sy hande moet die vuuroffers van die HERE bring: die vet met die bors moet hy bring; die bors, om dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg.

en dit alles op die hande van Aäron en die hande van sy seuns gelê; en hy het dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.

Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg; van die wydingsram het dit aan Moses as deel toegekom, soos die HERE Moses beveel het.

Maar die borsstukke en die regterboud het Aäron as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg soos Moses beveel het.

Die hefboud en die beweegbors moet hulle saam met die vuuroffers van die stukke vet bring om as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg; en dit sal vir jou en jou seuns saam met jou 'n deel wees wat aan julle vir ewig toekom soos die HERE beveel het.

En die priester moet die een lam neem en dit saam met die log olie as skuldoffer aanbring en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.

Maar as hy arm is en dit nie kan bekostig nie, moet hy een lam as skuldoffer neem om beweeg te word, om vir hom versoening te doen; daarby een tiende van 'n efa fynmeel met olie gemeng as spysoffer, en 'n log olie;

En die priester moet die skuldofferlam en die log olie neem; en die priester moet dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.

En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg.

Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, 'n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan die HERE berei,

en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg saam met die twee lammers; dié moet aan die HERE heilig wees, ten voordele van die priester.

En die priester moet uit die hand van die vrou die spysoffer van jaloersheid neem en die spysoffer voor die aangesig van die HERE beweeg en dit na die altaar bring.

En die priester moet dit beweeg as beweegoffer voor die aangesig van die HERE. Dit is iets heiligs vir die priester saam met die bors van die beweegoffer en die boud van die hefoffer. En daarna mag die nasireër wyn drink.

En Aäron moet die Leviete as beweegoffer beweeg voor die aangesig van die HERE namens die kinders van Israel, sodat hulle daar kan wees om die dienswerk van die HERE te verrig.

Dan moet jy die Leviete stel voor Aäron en sy seuns en hulle as beweegoffer aan die HERE beweeg.

En daarna moet die Leviete inkom om die tent van samekoms te bedien. So moet jy hulle dan reinig en hulle as beweegoffer beweeg.

En die Leviete het hulleself ontsondig en hulle klere gewas, en Aäron het hulle beweeg as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; en Aäron het versoening vir hulle gedoen om hulle te reinig.

En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote Paulus en Bárnabas gevolg. Dié het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om in die genade van God te bly.

Oor Damaskus. Beskaamd staan Hamat en Arpad, want hulle het slegte tyding gehoor; hulle beweeg, soos die see, in bekommernis, dit kan nie rus nie.

Aangaande die gestalte van die wesens: hulle voorkoms was soos gloeiende vuurkole, soos die voorkoms van fakkels; die vuur het heen en weer beweeg tussen die wesens, en die vuur het 'n helder glans gehad, en uit die vuur het blitse uitgeslaan.

Daarop kom die hele volk om Dawid te beweeg dat hy brood moet eet terwyl dit nog dag was; maar Dawid het gesweer en gesê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen as ek voor sonsondergang brood of enigiets proe.

En die HERE sal Israel slaan, soos 'n riet in die water heen en weer beweeg, en sal Israel uitruk uit hierdie goeie land wat Hy aan hulle vaders gegee het, en hulle anderkant die Eufraat verstrooi, omdat hulle hul heilige boomstamme gemaak en die HERE geterg het.

Maar Naäman het baie kwaad geword en weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my uitkom en staan en die Naam van die HERE sy God aanroep en sy hand oor die plek heen en weer beweeg en die melaatsheid wegneem.

En toe hulle vertrek, begin Jesus vir die skare aangaande Johannes te sê: Wat het julle uitgegaan om in die woestyn te aanskou? 'n Riet wat deur die wind beweeg word?

as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het--

Hy is soos 'n man wat 'n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.

En nadat die boodskappers van Johannes weggegaan het, begin Hy vir die skare aangaande Johannes te sê: Wat het julle uitgegaan in die woestyn om te aanskou? 'n Riet wat deur die wind beweeg word?

Want watter voorkeur het die wyse bo die dwaas, watter voorkeur die arme wat weet om hom te beweeg onder die lewendes?

want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.

En Agríppa sê vir Paulus: Jy beweeg my byna om 'n Christen te word.