So het dan die twee dogters van Lot by hulle vader bevrug geword,
Sara het bevrug geword en vir Abraham in sy ouderdom 'n seun gebaar op die bepaalde tyd wat God genoem het.
En Lea het bevrug geword en 'n seun gebaar en hom Ruben genoem; want sy het gesê: Gewis, die HERE het my ellende aangesien, want nou sal my man my liefhê.
En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Gewis, die HERE het gehoor dat ek die nie-geliefde is en my hierdie een ook gegee. En sy het hom Símeon genoem.
En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Nou eindelik sal my man aan my geheg wees, omdat ek vir hom drie seuns gebaar het. Daarom het sy hom Levi genoem.
En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Dié keer sal ek die HERE loof. Daarom het sy hom Juda genoem. En sy het opgehou met baar.
En Bilha, die slavin van Ragel, het weer bevrug geword en vir Jakob 'n tweede seun gebaar.
En God het Lea verhoor: sy het bevrug geword en vir Jakob 'n vyfde seun gebaar.
En Lea het weer bevrug geword en vir Jakob 'n sesde seun gebaar.
sy het bevrug geword en 'n seun gebaar. Toe sê sy: God het my smaad weggeneem.
En sy het bevrug geword en 'n seun gebaar, en sy het hom Er genoem.
Daarna het sy weer bevrug geword en 'n seun gebaar en hom Onan genoem.
Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.