Skip to Content

"wêreldvloed"

9 keer in AFR53

En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Is dit nie u wat die see, die waters van die groot wêreldvloed drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see 'n pad gemaak het vir die deurtog van die verlostes nie?

En van Josef het hy gesê: Geseënd deur die HERE is sy land met die kostelikste gawe van die hemel, met dou en met die wêreldvloed wat onder lê,

Die berge sien U en bewe van angs, 'n wolkbreuk storm verby, die wêreldvloed verhef sy stem, steek sy hande omhoog.

Die wêreldvloed sê: In my is dit nie; en die see sê: By my is dit nie.

Het jy gekom tot by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die wêreldvloed?

U het dit met die wêreldvloed soos met 'n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.

Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy 'n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;

toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;