En die opening vir die hoof moet in die middel daarvan wees. Rondom die opening moet 'n soom van wewerswerk wees. Soos die opening van 'n pantser moet dit daaraan wees, dat dit nie kan skeur nie.
En hy het die mantel van die skouerkleed van wewerswerk gemaak, heeltemal van pers stof.
Hulle het ook die rokke van fyn linne gemaak, van wewerswerk, vir Aäron en sy seuns;