Skip to Content

"welwillendheid"

6 keer in AFR53

Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man.

En die koning het Ester liefgekry meer as al die vroue, en sy het guns en welwillendheid voor hom gevind meer as al die jongmeisies; en hy het die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti.

Die skuldoffer spot met die dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid.

Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind 'n betroubare man?

En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.

Sommige preek Christus wel ook uit afguns en twis, maar ander ook uit welwillendheid: