"weivelde"
13 keer in AFR53
Die weivelde by die Nyl, by die mond van die Nyl, en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai en nie meer wees nie.
En hulle het gewoon in Gílead, in Basan en in sy onderhorige plekke en in al die weivelde van Saron tot waar dit ophou.
Ek sal geween en geklaag aanhef oor die berge en 'n klaaglied oor die weivelde van die woestyn; want hulle is verwoes, sodat niemand daar deurtrek nie, en 'n mens hoor geen geluid van vee nie; die voëls van die hemel sowel as die diere--hulle het gevlug, weggetrek.
Want die land is vol owerspelers; want die land treur weens die vloek, die weivelde van die woestyn verdor; ja, waar hulle na strewe, is sleg, en waar hulle hul krag in soek, onreg.
Tot U, o HERE, roep ek, want 'n vuur het die weivelde van die woestyn verteer, en 'n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek.
Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog, en 'n vuur het die weivelde van die woestyn verteer.
Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit uit, want die bome dra hulle vrugte, die vyeboom en die wingerdstok lewer hulle drag!
En hy het gesê: Die HERE brul uit Sion en verhef sy stem uit Jerusalem, sodat die weivelde van die herders treur en die top van Karmel verdor.