"weggevlug"
14 keer in AFR53
Al jou owerstes het almal saam gevlug, sonder boog is hulle gebind; almal wat in jou gegryp is, is almal saam gebind; hulle het ver weggevlug.
En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin in jou hand--doen met haar soos dit goed is in jou oë. Toe het Sarai haar sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug.
En toe Farao van dié saak hoor, het hy probeer om Moses dood te maak. Maar Moses het van Farao af weggevlug en in die land Mídian gaan woon. En hy het by 'n put gesit.
En Dawid het hom klaargemaak en dié dag van Saul af weggevlug en by Agis, die koning van Gat, gekom.
Terwyl die Filistyne teen Israel veg, het die manne van Israel vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilbóa gelê.
Toe het die koning na sy paleis gegaan en met vas die nag deurgebring en die byvroue nie voor hom laat kom nie, en sy slaap het van hom weggevlug.
En net toe Jeróbeam, die seun van Nebat, dit hoor--hy was nog in Egipte, waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het, en Jeróbeam was in Egipte woonagtig,
En die Filistyne het teen Israel geveg, en die manne van Israel het vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilbóa gelê.