Skip to Content

"weens"

115 keer in AFR53

Daar het hulle Jesus toe neergelê weens die voorbereiding van die Jode, omdat die graf naby was.

En toe die dag begin breek, het die engele by Lot aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, dat jy weens die ongeregtigheid van die stad nie omkom nie.

So sê die HERE: Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers aan wie Ek julle verkoop het? Kyk, weens jul ongeregtighede is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle moeder verstoot.

Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.

En van die oorvloed sal in die land niks gemerk word weens dié hongersnood wat daarna sal wees nie; want dit sal baie swaar wees.

En daar was in die hele land geen brood nie, want die hongersnood was baie swaar, sodat Egipteland en die land Kanaän uitgeput was weens die hongersnood.

Moses het toe so met die kinders van Israel gespreek, maar hulle het nie na Moses geluister nie, uit ongeduldigheid en weens die harde diens.

En Ek sal my oordele oor hulle uitspreek, weens al hulle boosheid; dat hulle My verlaat het en vir ander gode rook laat opgaan het en hulle voor die werke van hulle hande neergebuig het.

Besny julle vir die HERE en verwyder die onbesnedenheid van julle hart, manne van Juda en inwoners van Jerusalem, dat my grimmigheid nie soos 'n vuur uitgaan en brand sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.

Hy moet ook al die vet op die altaar aan die brand steek soos die vet van die dankoffer. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens sy sonde, en dit sal hom vergewe word.

en as boete vir die sonde wat hy gedoen het, aan die HERE 'n ooi bring van die kleinvee, 'n skaaplam of 'n bok, as sondoffer. En die priester moet vir hom versoening doen weens sy sonde.

En die ander een moet hy as brandoffer volgens voorskrif berei. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.

Want gaan tog na my plek wat in Silo was, waar Ek my Naam vroeër laat woon het, en kyk wat Ek daaraan gedoen het weens die boosheid van my volk Israel.

Want die HERE van die leërskare wat jou geplant het, het onheil teen jou gespreek weens die boosheid van die huis van Israel en die huis van Juda, wat hulle graag gedoen het, om My te terg deur rook te laat opgaan vir Baäl.

As jy dan in jou hart sê: Waarom het hierdie dinge my oorgekom? Weens die grootheid van jou ongeregtigheid is jou slippe opgetel, het jou hakskene gely onder geweld.

Die woord van die HERE wat tot Jeremia gekom het weens die groot droogte.

Weens die land wat verslae is, omdat daar geen reën op die aarde is nie, kom die landbouers in die skande, hulle bedek hulle hoof.

Jou rykdom en jou skatte sal Ek as buit gee, sonder betaling; en dit weens al jou sondes en in jou hele grondgebied.

My berg in die veld, jou rykdom, al jou skatte sal Ek as buit gee saam met jou hoogtes, weens die sonde in jou hele grondgebied.

o huis van Dawid! So spreek die HERE: Verskaf reg in die môre en red die beroofde uit die hand van die verdrukker, sodat my grimmigheid nie uitgaan en brand soos 'n vuur sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.

Die wind sal al jou herders verstrooi, en jou minnaars sal in gevangenskap gaan; ja, dan sal jy beskaamd staan en in die skande kom weens al jou boosheid.

Want die land is vol owerspelers; want die land treur weens die vloek, die weivelde van die woestyn verdor; ja, waar hulle na strewe, is sleg, en waar hulle hul krag in soek, onreg.

dat hulle kan drink en waggel en rasend word weens die swaard wat Ek onder hulle stuur.

En jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Drink en word dronk en spuug en val neer en staan nie weer op nie weens die swaard wat Ek onder julle stuur.

En die weivelde van vrede word verwoes weens die toorngloed van die HERE.

Hy het soos 'n jong leeu sy lêplek verlaat; want hulle land het 'n woesteny geword weens die gewelddadige swaard, ja, weens sy toorngloed.

Miskien sal hulle luister en hulle bekeer elkeen van sy verkeerde weg; dan sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen weens die boosheid van hulle handelinge.

Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word.

So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE.

weens al die boosheid van die kinders van Israel en van die kinders van Juda wat hulle gedoen het om My te terg, hulle, hulle konings, hulle vorste, hulle priesters en hulle profete en die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem,

Die priester moet ook die sondoffer berei en vir hom wat gereinig word, versoening doen weens sy onreinheid; en daarna moet hy die brandoffer slag.

En dit moet vir julle 'n ewige insetting wees om vir die kinders van Israel weens al hulle sondes een maal in die jaar versoening te doen. En hy het gedoen soos die HERE Moses beveel het.

en die priester moet met die skuldofferram vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE weens die sonde wat hy gedoen het; en hy sal vergifnis ontvang vir sy sonde wat hy gedoen het.

Hulle moet dan my ordening onderhou, dat hulle weens die heilige gawes geen sonde op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. Ek is die HERE wat hulle heilig.

En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig.

sal Ek My ook teen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes.

sal Ek My in grimmigheid teen julle versit, en Ek sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes.

En die priester moet versoening doen vir die hele vergadering van die kinders van Israel, en dit sal hulle vergewe word; want 'n swakheid was dit, en húlle het hul offer as vuuroffer aan die HERE en hul sondoffer, weens hulle swakheid, voor die aangesig van die HERE gebring.

En die priester moet versoening doen vir die siel wat hom misgaan het, weens sy sonde in swakheid voor die aangesig van die HERE begaan, om vir hom versoening te doen; en dit sal hom vergewe word.

Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie.

want hulle het julle as vyand behandel deur hulle liste wat hulle teen julle bedink het in die saak van Peor en in die saak van Kosbi, die dogter van die vors van Mídian, hulle landgenoot, wat op die dag van die plaag weens Peor verslaan is.

weens hulle boosheid wat hulle bedryf het, om My te terg deur heen te gaan om rook te laat opstyg en ander gode te dien wat hulle nie geken het, hulle, julle en julle vaders nie.

sodat die HERE dit nie langer kon verdra weens die boosheid van julle handelinge, weens die gruwels wat julle bedryf het nie. So het julle land dan 'n puinhoop geword en 'n voorwerp van verbasing en van vervloeking, sonder inwoners, soos dit vandag is;

Hy het baie laat struikel, ja, die een val oor die ander, sodat hulle gesê het: Staan op en laat ons teruggaan na ons volk en na die land van ons geboorte weens die verdrukkende swaard.

weens die stampgeluid van sy perde se pote, weens die geraas van sy waens, die gedreun van sy wiele. Die vaders kyk nie om na die kinders nie--so slap is die hande--

weens die dag wat kom om al die Filistyne tot niet te maak, om van Tirus en Sidon die laaste een uit te roei wat kan help; want die HERE maak die Filistyne tot niet, die oorblyfsel van die eiland Kaftor.

Weens die geskreeu van Hesbon tot by Eleále, tot by Jahas het hulle hul stem verhef, van Soar af tot by Horonáim, Eglat-Selísia; want ook die waters van Nimrim sal 'n woesteny word.

Weens die toorn van die HERE sal dit nie bewoon word nie, maar geheel en al 'n wildernis wees; elkeen wat by Babel verbygaan, sal verbaas wees en spot oor al sy plae.

en sê: So sal Babel sink en nie weer opkom nie weens die onheil wat Ek oor hom bring; en hulle sal afgemat wees. Tot sover die woorde van Jeremia.

Want dit het oor Jerusalem en Juda gekom weens die toorn van die HERE, totdat Hy hulle van sy aangesig af weggewerp het. En Sedekía het gerebelleer teen die koning van Babel;

Dan sal die wat uit julle ontvlug het, aan My dink onder die nasies waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, as Ek hulle ontugtige hart wat van My afgewyk het, en hulle oë wat agter hulle drekgode aan hoereer, verbreek het; en hulle sal vir hulself walglik wees weens die slegte dinge wat hulle gedoen het volgens al hulle gruwels.

Julle oë het gesien wat die HERE weens Baäl-Peor gedoen het; want al die manne wat agter Baäl-Peor aan geloop het, dié het die HERE jou God onder jou uit verdelg.

As die HERE jou God hulle voor jou uit verjaag, moet dan nie in jou hart spreek en sê: Die HERE het my ter wille van my geregtigheid ingebring om hierdie land in besit te neem nie; want weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die HERE hulle voor jou uit.

Nie ter wille van jou geregtigheid en die opregtheid van jou hart kom jy in om hulle land in besit te neem nie, maar weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit, en om die woord te vervul wat die HERE vir jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, gesweer het.

As daar iemand by jou is wat weens 'n voorval by nag nie rein is nie, moet hy buitekant die laer uitgaan; hy mag nie in die laer inkom nie.

Omdat jy die HERE jou God nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie,

Maar Ek sal op dié dag my aangesig heeltemal verberg weens al die kwaad wat hulle gedoen het; want hulle het na ander gode afgewyk.

En Ek sal my net oor hom uitsprei, en in my strik sal hy gevang word; en Ek sal hom na Babel bring en daar met hom na die gereg gaan, weens die troubreuk wat hy teen My begaan het.

sy hand van die ellendige afhou, geen rente of woeker neem nie, my verordeninge volbring en in my insettinge wandel--hy sal nie sterwe weens die ongeregtigheid van sy vader nie, hy sal sekerlik lewe.

Toe Agan, die seun van Serag, hom vergryp het aan die bangoed, het daar nie 'n toorn oor die hele vergadering van Israel gekom nie? En hy self het nie alleen weens sy ongeregtigheid omgekom nie.

Tarsis het handel gedrywe met jou weens die menigte van allerhande goed: silwer, yster, tin en lood het hulle as handelsartikels aan jou gelewer.

Aram het met jou handel gedrywe weens die menigte van jou kunswerke: karbonkel, purper en veelkleurige stowwe en fyn linne en korale en robyne het hulle as handelsartikels aan jou gelewer.

Damaskus het met jou handel gedrywe weens die menigte van jou kunswerke, weens die menigte van allerhande goed: wyn van Helbon en wit wol.

Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut!

Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien.

Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek 'n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.

Daarom het hy hoër gegroei as al die bome van die veld, en het sy takke baie geword en sy takkies lank, weens die groot waters toe hy uitgeskiet het.

En u kneg is midde onder u volk wat U verkies het, 'n groot volk wat nie getel of bereken kan word weens die menigte nie.

My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

Hulle keer terug, maar nie na bo nie; hulle is soos 'n bedrieglike boog; hulle vorste sal val deur die swaard weens die skeldwoorde van hulle tong. Dit is hulle bespotting in Egipteland.

Ook al werf hulle onder die volke, Ek sal hulle nou saamraap, en hulle sal begin minder word weens die laste deur die koning van die vorste opgelê.

Want kyk, hulle gaan heen weens die verwoesting: Egipte sal hulle versamel, Mof hulle begrawe; onkruid sal hulle skat van silwergoed in besit neem, dorings in hulle tente wees.

Die dae van besoeking het gekom, die dae van vergelding het gekom; Israel sal dit ervaar! Die profeet word 'n dwaas, die man van die gees 'n waansinnige, weens die grootheid van jou ongeregtigheid, en omdat die vyandskap groot is.

Al hulle boosheid is byeen in Gilgal, want daar het Ek hulle begin haat weens die boosheid van hulle handelinge; Ek sal hulle uit my huis uitdrywe, hulle nie meer liefhê nie. Al hulle vorste is opstandig.

Net so het Bet-el aan julle gedoen weens julle ontsettende boosheid; in die môre vroeg is dit gedaan, gedaan met die koning van Israel.

En die swaard sal geswaai word in sy stede en sy grendels vernietig en verteer weens hulle planne.

Egipte sal 'n woesteny word, en Edom 'n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.

En Ek sal jou huis maak soos die huis van Jeróbeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Baésa, die seun van Ahía; weens die geterg waarmee jy My geterg het, en dat jy Israel laat sondig het.

Weens die geweld teen jou broer Jakob gepleeg, sal skande jou bedek, en jy sal uitgeroei word vir ewig.

Toe roep hulle tot die HERE en sê: Ag, HERE, laat ons tog nie vergaan weens die lewe van hierdie man nie, en bring geen onskuldige bloed oor ons nie; want U, HERE, het gedoen na u welbehae.

Maak 'n kaalte op jou hoof en skeer jou weens jou troetelkinders; maak die kaalplek groot soos dié van 'n aasvoël, omdat hulle van jou af weggevoer is in ballingskap.

Staan op en gaan heen! Want nie hiér is die rusplek nie, weens die onreinheid wat verwoesting aanrig, ja, 'n onherstelbare verwoesting.

So slaan Ek jou dan ook met 'n smartlike wond, met verwoesting weens jou sondes.

Weens die veelheid van die hoererye van die hoer vol bevalligheid, 'n meesteres in towerkunste, wat nasies met haar hoererye verkoop het en volkstamme met haar towerkunste.

Omdat jy baie nasies uitgebuit het, sal al die volke wat oorgebly het, jou uitbuit, weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.

Want die geweld aan die Líbanon gepleeg, sal jou oordek; en die verwoesting waarmee die diere skrikgemaak is--weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.

Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.

Want weens die toorn van die HERE het dit oor Jerusalem en Juda gekom, totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het. En Sedekía het teen die koning van Babel gerebelleer.

En Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen die HERE begaan het, weens die woord van die HERE wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van 'n afgestorwene om inligting gevra het,

aan wie hy sê: Loop gou, spreek met hierdie jongman en sê: Jerusalem sal lê soos 'n oop land weens die menigte van mense en vee daar binne-in.

Want vóór hierdie dae het die mense geen loon getrek nie, ook vir die diere was daar geen loon nie; en vir die wat uit-- en ingaan, was daar weens die teëstander geen veiligheid nie; want Ek het al die mense die een teen die ander losgelaat.

Maar weens sy verootmoediging het die toorn van die HERE van hom gewyk, sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie; ook was daar in Juda nog goeie dinge.

en hulle het die huis van die HERE, die God van hulle vaders, verlaat en het die heilige boomstamme en die afgode gedien. Toe kom daar 'n toorn oor Juda en Jerusalem weens hierdie skuld van hulle.

Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom.

Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.

Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my.

Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.

Want die ondergang wat God bewerk, was 'n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig.

Ag, mag Job getoets word tot die einde toe weens die antwoorde in die trant van kwaaddoeners.

Sjiggajon van Dawid wat hy tot eer van die HERE gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet.

weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.

weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand.

Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is-

En sy moeder en broers het na Hom gekom, en weens die skare kon hulle Hom nie bereik nie.

Want hulle sal in die skande kom weens die terpentynbome waar julle behae in het, en julle sal rooi van skaamte word oor die tuine wat julle verkies het.

Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.

en sê vir hom: Neem jou in ag en wees gerus; wees nie bevrees en laat jou hart nie week word oor hierdie twee rokende stukke brandhout nie--weens die gloeiende toorn van Resin en die Arameërs en van die seun van Remália;

en weens die oorvloed van melk wat hulle gee, sal hy dikmelk eet; want dikmelk en heuning sal almal eet wat in die land oorgebly het.

En onder die skare het sommige dit en sommige iets anders geskreeu. En omdat hy weens die rumoer geen sekerheid kon verkry nie, het hy bevel gegee dat hy na die kamp gebring moes word.

En toe hy op die trappe kom, moes hy deur die soldate gedra word weens die geweld van die skare.

Toe ek dan weens die glans van daardie lig nie kon sien nie, is ek deur my metgeselle by die hand gelei en het in Damaskus gekom.

En die inboorlinge het ons buitengewone mensliewendheid bewys, want hulle het 'n groot vuur aangesteek en ons almal daarby gebring weens die reën wat gedreig het en weens die koue.

En Paulus het 'n klomp droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit, en 'n adder het weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt.

Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van 'n middelaar.

Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan,