Skip to Content

"vrystad"

12 keer in AFR53

En die vergadering moet hom wat 'n doodslag begaan het, red uit die hand van die bloedwreker, en die vergadering moet hom laat teruggaan na sy vrystad waarheen hy gevlug het; en hy moet daarin bly tot die dood van die hoëpriester wat met die heilige olie gesalf is.

Maar as hy wat 'n doodslag begaan het, ooit buitekant die grens van sy vrystad gaan waarheen hy moes vlug,

en die bloedwreker hom buitekant die grens van sy vrystad kry, en die bloedwreker hom doodslaan wat 'n doodslag begaan het, dan sal daar vir hom geen bloedskuld wees nie.

Want hy moet in sy vrystad bly tot die dood van die hoëpriester; maar ná die dood van die hoëpriester mag die een wat 'n doodslag begaan het, teruggaan na die land waar sy besitting lê.

Ook mag julle geen geld aanneem om iemand vry te stel van die vlug na sy vrystad--sodat hy kan teruggaan om in die land te woon--tot op die dood van die hoëpriester nie.

En aan die kinders van Aäron, die priester, het hulle gegee Hebron, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het, met sy weiveld, en Libna met sy weiveld,

en hulle het aan hulle gegee: die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Sigem met sy weiveld op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld,

En aan die kinders van Gerson uit die geslagte van die Leviete: uit die halwe stam van Manasse, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Golan in Basan met sy weiveld, en Beëstéra met sy weiveld: twee stede.

En uit die stam van Náftali, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Kedes in Galiléa met sy weiveld, en Hammot-Dor met sy weiveld, en Kartan met sy weiveld: drie stede;

En uit die stam van Gad, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Ramot in Gílead met sy weiveld, en Mahanáim met sy weiveld,

En aan die seuns van Aäron het hulle die vrystad Hebron en Libna gegee met die weiveld daarvan, en Jattir en Estemóa met die weiveld daarvan,

En hulle het aan hulle die vrystad Sigem met sy weiveld, op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld gegee;