Skip to Content

"beklaag"

11 keer in AFR53

Aan dodelike siektes sal hulle sterwe, hulle sal nie beklaag of begrawe word nie, hulle sal mis op die aarde wees; en hulle sal deur die swaard en die hongersnood verteer word, en hulle lyke sal dien as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde.

Groot sowel as klein sal sterwe in hierdie land; hulle sal nie begrawe word nie, en niemand sal hulle beklaag en homself stukkend kerwe of vir hom 'n kaal plek skeer om hulle ontwil nie.

Ween nie oor die dooie en beklaag hom nie; ween liewer oor hom wat heengegaan het, want hy sal nie meer terugkom nie en die land van sy geboorte nie sien nie.

Daarom sê die HERE so van Jójakim, die seun van Josía, koning van Juda: Hulle sal hom nie beklaag met: Ag, my broer! of ag, suster! nie. Hulle sal hom nie beklaag met: Ag, heer! of--ag, majesteit! nie.

En die wat deur die HERE verslaan is, sal dié dag lê van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie; hulle sal mis op die aarde wees.

Jy sal in vrede sterwe, en net so 'n wierookbrand as vir jou vaders, die vorige konings wat voor jou gewees het, sal hulle vir jou aansteek en jou beklaag met: Ag, heer! Want Ék het die woord gespreek, spreek die HERE.

En 'n groot menigte van die volk het Hom gevolg, en vroue wat rou bedryf en Hom beklaag het.

En die volk het hulle voor die ore van die HERE beklaag dat dit sleg gaan. En toe die HERE dit hoor, het sy toorn ontvlam, en die vuur van die HERE het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer.

Beklaag hom, almal wat rondom hom is en almal wat sy naam ken! Sê: Hoe is die sterk staf, die sierlike stok gebreek!

En die hele Israel sal hom beklaag en hom begrawe, want hy alleen van Jeróbeam sal in 'n graf kom, omdat in hom iets goeds voor die HERE, die God van Israel, te vinde was in die huis van Jeróbeam.

En hulle het hom begrawe, en die hele Israel het hom beklaag volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg, die profeet Ahía.